Dit is hoog tyd dat vakbonde, die regering en ons gewone inwoners in dorpe en stede dringend saam besluit dat salarisse en alle produkpryse vir minstens twee jaar gevries word.
In hierdie tyd moet reëls, regulasies en wette rakende die aanstelling en ontslag van werkers opgeskort word sodat werklose mense net weer ’n werk kan kry en vir hul gesinne kan sorg. Indien besighede mense wil aanstel, hoef die eienaar nie aan al die wette te voldoen nie.
Werkgewers kan dadelik iemand sonder regulasies in diens neem of ontslaan. Indien ’n werknemer lui is, steel of ’n traak-my-nie-agtige houding het, kan hy of sy dadelik ontslaan word sonder gevolge en plek maak vir iemand anders wat wil werk.