Die Landboukollege Potchefstroom bestaan sedert 1909. Dit is in die lewe geroep om jong boere op te lei en gereed te maak vir die vele eise van die landbou. Dit was ’n trotse instelling wat boere van formaat opgelewer het.
Dié landboustudente het ’n eie, gepaste benaming verwerf en het as die Pampoenboere bekend gestaan, ’n titel wat hulle met trots gedra het. Mettertyd het die skoner geslag ook by die kollege ingeskakel, waar hulle opgelei is om, soos hul manlike kollegas, suksesvolle boere te word.
Die kollege het die beste le- singlokale, onthaalsale en koshuise gehad, en is toegerus met landboutoerusting wat met die tyd tred gehou het. Daarbenewens het skape en beeste van puik gehalte deel van hierdie eens trotse instelling gevorm.