Die berig “Veediefstal: Meer as 200 sake binne 3 maande by Lesothogrens” (Landbou.com, 26 November 2021) het betrekking. Ek sal graag kommentaar wil lewer om te help om ’n volledige prentjie te skets. Ek tel self onder die statistieke.
Wat die berig nie verduidelik nie, is dat 20 polisielede wat vir bedrog en ander misdade vasgetrek is, by die veediefstaleenheid op Ladybrand geskors is.
Daar is dus tans net twee lede wat die hele gebied tot hier op Senekal dek, soos ’n polisielid my ingelig het. Ek het aan mnr. Pieter Groenewald, leier van die VF+ geskryf en hom gevra om te versoek dat tydelike afloslede daarheen gesekondeer word. Ek het nooit van hom gehoor nie.