Ek volg nou al geruime tyd die berigte oor die Noord-Kaapse boer wat deur die Land Bank vervolg word oor uitstaande skuld en oor die boer se sakereddingsplan.
My mening oor ’n sakereddingsplan is dat dit net ’n slinkse manier is om die eienaars en aandeelhouers te beskerm. Sakeredding behoort heeltemal uit die Maatskappywet (Wet 71 van 2008) geskrap te word.
Ek het ondervinding van Evraz Highveld Steel en die Optimum-myn. Ek laat my nie vertel dat sakeredding ’n oornagbesluit is nie. My voertuie was nog op pad om aflewerings te doen by bogenoemde instellings toe ons ’n e-pos ontvang dat dié besighede in sakeredding is.