Suid-Afrika se somerreënseisoen strek van Oktober tot Maart. Dit is dan ook die tyd wanneer loslatings uit opgaardamme met oorleg en gesonde verstand bestuur moet word om oewerboere teen vernietigende vloedwater te beskerm.
Oorvol damme en inkomende stormwater waaroor geen beheer is nie, kan maklik oorgaan in ’n reusevloed vir oewerboere. Gekontroleerde loslatings is dus van deurslaggewende belang. Damme kan nie toegelaat word om net voller en voller te raak nie.
Die departement van water en sanitasie se vloedbeheerafdeling het ’n verantwoordelikheid om eerder te vroeg as te laat met sinvolle loslatings te begin sodat vloede sover moontlik vermy kan word. Dit is hul werk.