Vanaand op SABC2 se nuus was daar (weer) ’n berig oor ’n hittegolf wat die Upington-gebied gaan tref. Daar is reeds werkers dood weens die hitte.
In sekere Europese lande, soos Italië, werk die mense nie oor die warm middagure nie. Dit word die siësta genoem. Ek wil voorstel dat boere hul werkers se werksure aanpas sodat hulle nie tydens die ergste hitte hoef te werk nie.
Een opsie is dat die werkers van 05:00 tot 11:00 (6 uur) werk en dan weer van 16:00 tot 18:00 (2 uur). Dit kan aangepas word na 04:00 tot 10:00 na gelang van die omstandighede. Nog ’n opsie is dat die werkers nie deur die dag werk nie, maar byvoorbeeld van 17:00 tot 01:00.