Ná byna vier jaar van deeglike ondersoekwerk deur die Zondo-kommissie word die een ná die ander verdoemende bevinding nou bekend gemaak.
Dit was in landsbelang dat hierdie ondersoek plaasgevind het. Dit is ook deur die regte, gerespekteerde senior regter uitgevoer. Regter Raymond Zondo verdien lof. Dit is egter jammer dat daar waarskynlik niks van die aanbevelings gaan kom nie, die koste van byna R1 miljard ten spyt.
Die rede vir die mislukking? Soek dalk die antwoord in die volgende vraag: “Who hangs the hangman?” Die skuldiges wat Zondo uitgewys het wat bevoordeel en/of betrokke was, is ook senior lede van die ANC. Dit is dieselfde mense wat oor optrede moet besluit.