AFGRI
BEAN
27 Jan
-
8209,4
209,40
CORN
27 Jan
-
3788,4
72,40
SOYA
27 Jan
-
8030
142,00
SUNS
27 Jan
-
9771
27,00
WEAT
27 Jan
-
5985
-3,00
WMAZ
27 Jan
-
3592,2
34,20
YMAZ
27 Jan
-
3680
30,00
AMT
Beeste A2/3
14 Jan
-
56,61
2,35
Beeste AB2/3
14 Jan
-
54,81
1,61
Beeste B2/3
14 Jan
-
52,96
1,07
Beeste C2/3
14 Jan
-
46,06
-1,62
Bevrore Hoender
14 Jan
-
28,5
-0,41
Bokkies (onder 30 kg)
14 Jan
-
62,54
1,93
Bokooie
14 Jan
-
44,21
0,09
Groot (meer as 40 kg)
14 Jan
-
48,55
2,07
Hoender (IQF)
14 Jan
-
26
-1,55
Medium (30-40kg)
14 Jan
-
52,27
3,21
Pork Average
14 Jan
-
27,97
0,34
Poultry Average
14 Jan
-
27,83
-1,03
Skaap A2/3
14 Jan
-
83,51
-0,65
Skaap AB2/3
14 Jan
-
76,19
-0,44
Skaap B2/3
14 Jan
-
74,22
1,03
Skaap C2/3
14 Jan
-
69,25
-0,28
Speenkalf
14 Jan
-
40,35
-0,21
Spekvarke
14 Jan
-
27,93
-0,20
Stoorlammers
14 Jan
-
40,66
-0,02
Varkwors
14 Jan
-
22,58
0,42
Vars Hoender
14 Jan
-
29
-1,13
Vleisvarke
14 Jan
-
27,96
0,36
Wol (skoon)
14 Jan
-
172,35
-8,38

Michael Bradfield sterf aan kanker

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dr. Michael Bradfield. Foto: LRF
Dr. Michael Bradfield. Foto: LRF
Dr. Michael Bradfield (56), een van Suid-Afrika se voorste veekenners, is vroeër vanaand in Pretoria oorlede.

Dr. Michael Bradfield (56), een van Suid-Afrika se voorste veekenners, is vroeër vanaand in Pretoria oorlede nadat hy lank teen kanker geveg het.

Hy was veral bekend om sy lewenslange strewe om veeboerdery met genetika en genomika in ’n meer wetenskaplike rigting te stuur en om ’n goeie naspeurbaarheidstelsel vir Suid-Afrika se lewendehawebedryf toe te pas.

Bradfield was ’n gereelde skrywer van rubrieke in Landbouweekblad en was die vader van die jaarlikse Veeskool wat sedert 2008 gehou is en sprekers van oor die hele wêreld gelok het. Die afgelope jare is die byeenkoms met die samewerking van Landbouweekblad, Breedplan, waarvan hy die Suider-Afrikaanse hoof was, en die Lewendehawe-registrerende Federasie (LRF), waarvan hy die uitvoerende hoof was, by Aldam aangebied. Hy was ook die uitvoerende hoof van die Wagyu-telersgenootskap van Suid-Afrika.

Hy het nou saamgewerk met die organiseerders van die jaarlikse Zimbabwiese Beesskool. Van die internasionale sprekers van die LRF-Veeskool het ook daar opgetree.

Bradfield was in 2001 ’n stigterslid van Agricultural Business South Africa. Voordat hy Breedplan in Suider-Afrika gevestig het, was hy ’n senior navorser by die Landbounavorsingsraad in Irene, navorsingswetenskaplike by Agbu (Animal Genetics and Breeding Unit, Armadale, Australië) en ’n junior wetenskaplike aan die Universiteit van Edinburgh in Skotland.

Hy het die afgelope jare aan kanker gely en het verskeie operasies en behandelings ontvang, maar is vanaand (Donderdag, 6 Januarie) net ná 18:00 in ’n versorgingsoord in Pretoria oorlede. Bradfield laat sy vrou, Elmarie, ’n tandarts, sy dogter, Robin, ’n dokter, en sy seun, David, ’n beleggingsbestuurder in China, agter.

Bradfield het matriek aan Queens-kollege in Queenstown voltooi waarna hy die grade BScAgric en BScAgricHons in dierkunde aan die Universiteit van die Vrystaat behaal het. Vanaf 1991 het hy aan die Universiteit van Edinburgh gestudeer waar hy ’n meestersgraad in dieregenetika en diereteelt, en ’n doktorsgraad in dieregenetika verwerf het.

Hy was ’n ywerige sportman en het gereeld tennis gespeel en fiets gery. ’n Paar jaar gelede het hy Suid-Afrika in fietsry en tennis verteenwoordig op die wêreldspele vir sportlui wat orgaanoorplantings ondergaan het. Hy het in 2014 ’n nieroorplanting ondergaan nadat sy niere opgehou funksioneer het en sy suster, Elizabeth (Tinks), vir hom ’n nier geskenk het.

Hy het in sy lang loopbaan as dierkundige talle toekennings ontvang. Volgens mnr. Johan de Vos, voorsitter van Wagyu SA, het die Wagyu-wêreldraad onlangs besluit om hom met ’n lewenslange eretoekenning te vereer.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.26
+0.5%
Rand - Pond
20.48
+0.9%
Rand - Euro
17.09
+0.9%
Rand - Aus dollar
10.82
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+0.8%
Goud
1,814.11
-0.3%
Silwer
23.29
-1.0%
Palladium
2,351.00
+0.7%
Platinum
1,033.50
-0.1%
Brent-ruolie
89.96
+2.0%
Top-40
66,443
-1.4%
Alle aandele
72,840
-1.3%
Hulpbronne 10
74,445
-1.1%
Industriële 25
89,780
-1.9%
Finansiële 15
14,823
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Rustige, standvastige natuur en reis liefhebber, kom jy saam?
Ek sal sê ek het oor die jare meer rustig geraak maar ver van gevrek af. Hou van goeie geselskap maar ook net stilte. Ek hou van braai met 'n wyntjie of so iets, amateur...
Voltooi my sirkel
Eks n vriendelike outgoing mens - As ek van jou hou. 😜L Lag baie Omgee mens MAl oor dans. 3 dogters
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot