
Wisselkoers:Die wisselkoers het in die oorsigtyd van 7 tot 13 April met 22 sent teenoor die Amerikaanse dollar versterk.
'n Tweede graderingsagentskap het Suid-Afrika se kredietstatus afgradeer. Dit het die rand verder tot naby R14 teenoor die dollar laat verswak. Hierna het die Regering verskeie uitsprake gemaak wat daarop gemik was op buitelandse beleggers gerus te stel. Dit was tot dusver redelik geslaagd, aangesien die rand daarna geleidelik weer begin versterk het. Verhandeling vir die volgende week behoort sywaarts te wees.
VSA-mielieprys:Die Amerikaanse mielieprys vir Julie 2017, soos wat dit op die CME beurs verhandel, het met 10 Amerikaanse sent per skepel gestyg.
Die USDA (VSA se departement van landbou) se jongste internasionale vraag en aanbod-verslag is op 11 April vrygestel. Hoewel mielie-voorrade hoër aangepas is, is dit deur handelaars verwag, gevolglik het pryse nie veel daarop gereageer nie.
Amerikaanse boere moet nou in alle erns begin mielies plant en is in die middel van ‘n weermark. Die jongste opwaartse beweging is as gevolg van te nat plant toestande. Verhandeling vir die komende week behoort opwaarts te wees.
Wit- en geel mielies:Die Julie 2017 JSE witmielieprys het vir die week onder bespreking met R8 per ton gedaal, geel mielies vir dieselfde maand het met R1 per ton gedaal.
Verhandeling het die afgelope week grootliks die wisselkoersbewegings gevolg.
Reën oor die somersaaigebied het redelik wyd voorgekom, wat voordelig vir jonger aanplantings was. Heelwat jong mielies het egter wat permanente skade gekry. Dit lyk asof die skade die geskatte surplus net effens kleiner sal maak. Die fundamentele vraag en aanbod situasie het nie verander nie.
Pryse vir die komende week behoort afwaarts te neig, met lae volumes as gevolg van die baie vakansiedae.
‘n Grafiek van Julie 2017 mielies se beweging vir die afgelope week kan hieronder gesien word.
* Johann Strauss is Johann Strauss is 'n navorser by BVG Commodities