’n Mighty Men-konferensie word van 18 tot 20 Maart op Elohim’s plaas, Agter-Paarl, gehou.
Mnr. Daniël Briers, plaaseienaar, sê hulle verwag sowat 50 000 mans. Hy moedig boere aan om op die plaas te kom kampeer en hul werkers ook saam te bring. Mnr. Angus Buchan sal konferensiegangers toespreek.
Vir meer inligting kan die webwerf www.mmccape.co.za besoek word.