
Die belangrike rol wat die landbou se verwerkingsektor daarin speel om werk te skep en ondernemings te ontwikkel, het die Departement van Handel en Nywerheid genoop om ’n miljard rand te begroot om sektor-spesifieke inisiatiewe in die huidige geldjaar te befonds.
Dr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid, het die aankondiging tydens sy begrotingsrede by die Parlement gemaak.
Arbeid
Dié sektor is arbeidsintensief en is een van die sektore waaraan die Regering in sy nywerheidsaksieplan voorkeur gee.
Suid-Afrika het verlede jaar 'n ooreenkoms van ekonomiese vennootskap met die Europese Unie gesluit met die doel om onder meer verbeterde marktoegang vir landbouprodukte soos seekos, wyn, geblikte vrugte en suiker te kry.
Davies het gesê hy is vol vertroue dat die geldelike inspuiting vir die verwerkingsektor 'n positiewe bydrae sal lewer tot werkskepping en die ondersteuning van kleinboere.