Die doel van die veiling is om geld in te samel vir opvoedingsgeleenthede vir kinders in die Kaapse Wynland. Die veiling het sedert 2014 altesaam R88 miljoen opgelewer, wat aan 22 begunstigde organisasies geskenk is.
Die hoogste bod van die dag was vir die Marovasa Be-ervaring in Madagaskar – ’n volle R3 miljoen!
Die Man & Soil-lot van The Ashbourne Emul Ross and Eben Sadie Pinotage Project is vir R1 miljoen opgeveil.