AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Minder hoender help RCL, maar suiker lol

akkreditasie
RCL Foods het sy produksie van braaihoenders doelbewus verminder om minder aan invoer blootgestel te wees. Foto: RCL Foods
RCL Foods het sy produksie van braaihoenders doelbewus verminder om minder aan invoer blootgestel te wees. Foto: RCL Foods
Die genoteerde voedselonderneming RCL Foods het goeie finansiële resultate behaal danksy onder meer afskalings in sy hoendersake wat sy blootstelling aan goedkoop, ingevoerde hoendervleis verminder het.

In sy jongste boekjaar het goedkoop, ingevoerde suiker egter die prestasie van die maatskappy se suikerafdeling benadeel deurdat die plaaslike prys met meer as 20% geval het en meer suiker, teen laer internasionale pryse, uitgevoer moes word.

Mnr. Rob Field, finansiële hoof, sê die krisis in die suikerbedryf is groot en die maatskappy oorweeg om sy suikersakemodel vir groter volhoubaarheid te verander.

’n Moontlikheid op lang termyn wat oorweeg word, is om te diversifiseer rakende die produkte wat uit suikerriet gemaak word. Dit word wêreldwyd gedoen, maar vereis kapitaalbelegging. Alternatiewe gebruike sluit die opwekking van krag en die vervaardiging van alkohol en plastiek in.

“Die Brasiliaanse bedryf se aanlegte is só gestruktureer dat hulle binne ’n week kan besluit of hulle etanol of suiker lewer. Hulle het dus twee aansienlike markte wat hulle teen mekaar kan afspeel. Die sukrosemolekule is baie veelsydig en aanpasbaar,” sê Field.

Minder hoender

RCL Foods het twee jaar gelede besluit om sy hoendersake só te verander dat hy uit die mark vir sogenaamde kommoditeitshoender beweeg; kitsbevrore stukke wat baie blootgestel is aan goedkoop, ingevoerde hoendervleis.

Sy produksie is van 4,8 miljoen hoenders/week tot 3,4 miljoen/week verminder.

Hy pluk nou die vrugte, omdat die herstel in sy hoenderafdeling se finansies daartoe bygedra het dat die maatskappy se verdienste voor rente, belasting, waardevermindering en afskrywings (ebitda) in die jaar tot 30 Junie met 17,1% tot R2 046 miljoen (R2,046 miljard) gestyg het en sy wesensverdienste met 52,7%.

“Ons het steeds ’n verpligting, belangstelling en gretigheid om gekontrakteerde produkte aan kitsdiensrestaurante te verskaf, asook ons waardetoegevoegde handelsmerkprodukte aan die kleinhandel.”

Field sê toe die maatskappy twee jaar gelede sy nuwe hoendersakemodel opgestel het, het hy in ag geneem dat die aard van die bedryf baie siklies is, met groot blootstelling aan beduidende prysbewegings van produksiemiddele.

“Ons beweeg nou weer na ’n tydperk waar voerkoste styg. Ons het 18 maande lank baie lae insetkoste geniet danksy die einde van die droogte, maar dit verander nou.”

Wisselkoersdruk laat onder meer mielie- en sojapryse styg.

Listeriose

Die afgelope boekjaar was moeilik weens voëlgriep en die listeriose-krisis.

Eersgenoemde het RCL R50 miljoen gekos weens ’n uitbreking op ’n teelplaas en het ook hoër biosekerheidskoste meegebring.

Die listeriose-krisis het RCL na raming R158,2 miljoen gekos. Hy moes sy Wolwehoek-aanleg tydelik sluit, maar die Regering het later bevestig dat die ST6-stam van listeriose nie daar gevind is nie.

Field sê die krisis was ’n groot leerproses vir almal, met die gunstige uitkoms dat dit gespreksgeleenthede met die Regering geskep is.

Met die uitbreking, en selfs nou, was en is daar geen regulasies nie.

Field sê RCL voldoen aan ’n internasionale standaard, maar die Regering oorweeg om ’n nul-vlak van listeriose-teenwoordigheid te stel, wat selfs strenger as die betrokke internasionale standaard is.

Field sê indien die Regering dit doen, hoop hy dat nakoming afgedwing sal word sodat almal, ook die kleiner vervaardigers, daaraan sal voldoen.

Uitbreiding

RCL se veevoerhandelsmerke, Epol en Molatek, produseer voer vir ’n baie gediversifeerde portefeulje van spesies.

Field sê die een kategorie waarin die maatskappy onderverteenwoordig is, is die melkbedryf. RCL oorweeg om die kapasiteit wat beskikbaar geword het met die afskaling van sy hoenderbedrywighede, te gebruik om meer in dié mark te beweeg.

RCL is besig om ’n aandeel van 45% in ’n klein Zambiese maatskappy te verkry wat vinnig bewegende verbruikersgoedere (sogenaamde Fast Moving Consumer Goods of FMCG-produkte) versprei.

Sy logistieke afdeling Vector het reeds ’n geslaagde gesamentlike onderneming in Botswana en RCL wil dié model na ander lande uitbrei.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.18
-0.5%
Rand - Pond
22.24
-0.1%
Rand - Euro
19.60
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.2%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Ant
Oopkop en standvastig. Onafhaklikheid belangrik vir my. Doen nie drama nie. Lewe te kort om te mors op dinge en mense wat jou nie gelukkig maak nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot