
Die Wet op die Nasionale Minimum Loon (Wet 9 van 2018), waarin die fout voorgekom het, het reeds op 1 Januarie 2019 in werking getree. Dit het ’n minimum betaling van R20/uur vir ’n werker verpligtend gemaak. Die landbousektor het egter spesiale vergunning vir die infasering van die loon gekry om om R18/uur te betaal. Mnr. Thulas Nxesi, minister van indiensneming en arbeid, het onlangs die nuwe minimum loon van R18,68/uur vir plaaswerkers aangekondig. Dit het op 1 Maart 2020 inwerking getree.
Fout
’n Seksie in die nuwe wet wat aandui dat dit onbillike arbeidspraktyk vir werkgewers is om lone, werkure of ander voorwaardes van indiensneming te verander in reaksie op die toepassing van die minimum loon, is aan die verkeerde klousule in die wet toegewys.
Weens dié fout het die wet aanvanklik bepaal dat die betaling van die minimum loon terugwerkend gegeld het vanaf 1 Mei 2017. Met die bekragtiging van die wet is die fout nou reggestel.