AFGRI
BEAN
28 Jan
-
8110
0,00
CORN
28 Jan
-
3783
0,00
SOYA
28 Jan
-
8290
0,00
SUNS
28 Jan
-
10990
0,00
WEAT
28 Jan
-
5908
0,00
WMAZ
28 Jan
-
3620
0,00
YMAZ
28 Jan
-
3765
0,00
AMT
Beeste A2/3
14 Jan
-
56,61
2,35
Beeste AB2/3
14 Jan
-
54,81
1,61
Beeste B2/3
14 Jan
-
52,96
1,07
Beeste C2/3
14 Jan
-
46,06
-1,62
Bevrore Hoender
14 Jan
-
28,5
-0,41
Bokkies (onder 30 kg)
14 Jan
-
62,54
1,93
Bokooie
14 Jan
-
44,21
0,09
Groot (meer as 40 kg)
14 Jan
-
48,55
2,07
Hoender (IQF)
14 Jan
-
26
-1,55
Medium (30-40kg)
14 Jan
-
52,27
3,21
Pork Average
14 Jan
-
27,97
0,34
Poultry Average
14 Jan
-
27,83
-1,03
Skaap A2/3
14 Jan
-
83,51
-0,65
Skaap AB2/3
14 Jan
-
76,19
-0,44
Skaap B2/3
14 Jan
-
74,22
1,03
Skaap C2/3
14 Jan
-
69,25
-0,28
Speenkalf
14 Jan
-
40,35
-0,21
Spekvarke
14 Jan
-
27,93
-0,20
Stoorlammers
14 Jan
-
40,66
-0,02
Varkwors
14 Jan
-
22,58
0,42
Vars Hoender
14 Jan
-
29
-1,13
Vleisvarke
14 Jan
-
27,96
0,36
Wol (skoon)
14 Jan
-
172,35
-8,38

‘Minister Didiza, ons is moeg baklei!’

akkreditasie
Me. Lien Visagie en mnr. Joseph Ndaba, direkteure van die Eyethu Intaba-grondhervormingsprojek van Donkerbos-landgoed, deel hulle ervarings met die gehoor van die Landbouweekblad-PALS-grondsimposium. Foto: Liza Bohlmann
Me. Lien Visagie en mnr. Joseph Ndaba, direkteure van die Eyethu Intaba-grondhervormingsprojek van Donkerbos-landgoed, deel hulle ervarings met die gehoor van die Landbouweekblad-PALS-grondsimposium. Foto: Liza Bohlmann
“Ons is moeg baklei en geredeneer oor landbougrond. Almal in die landbou smag na ’n rustige, vredevolle en groeiende Suid-Afrika.”

Dít was die boodskap wat me. Lien Visagie, ’n direkteur van die Eyethu Intaba-grondhervormingsprojek van Donkerbos-landgoed, aan me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling tydens die Landbouweekblad-PALS-grondsimposium by Ceres. 

“Dis tyd dat die Suid-Afrikaanse regering erkenning gee aan kommersiële boere vir hul deelname aan grondhervorming, want dis hulle wat nuwe boere se hande moet vat en lei. Dis hulle wat saam met nuwe boere werk moet skep en vir voedselsekerheid moet sorg.”

Haar boodskap aan kommersiële boere was dat dit tyd is dat hulle ook hul werkers in die binnekring moet laat inkom, en in hul werkers se opleiding moet belê. Aan voornemende opkomende boere en aandeelhouers (in boerderye) het sy gesê dit is tyd dat hulle anders begin dink en doen, en dat hulle meer moet wil leer.

“Voornemende aandeelhouer, dis tyd om alle vrese af te skud en te bepaal wat jy wil bereik. Gryp elke geleentheid aan wat oor jou pad kom. Dis tyd om verantwoordelikheid te aanvaar en meer verantwoordelik te raak teenoor jouself, jou gesin, jou werk en jou gemeenskap.

“Ons is nou tuis in die landbou danksy ’n program soos PALS, ons mense was trekarbeiders, maar ons is nou tuis met die hulp van ’n inisiatief soos PALS.” 

Elke probleem ’n oplossing

Mnr. Jurie Muller van Bestwill Farming in die distrik Ceres gesê ten spyte van al die probleme wat hulle te bowe moet kom ten opsigte van finansiering en wetgewing het hulle nog hoop om voort te gaan met hul projek. “Elke probleem is ’n oplossing wat wag om te gebeur.”

Van die lesse wat hulle ten opsigte van finansiering geleer het, is dat die grootste nadeel van die huidige strukture tyd is. “Ons storie het al in 2010 begin. Ons wag nou nog op terugvoering van entiteite rondom finansiering, of met die finansiering wat wel toegestaan is plaas die administratiewe rompslomp ’n demper op die bedoeling en motivering van die begunstigdes, mentor en ander projekdrywers.”

Hy sê ten spyte van die probleme wat hulle moet oorkom, het hulle steeds hoop. “Wat gee ons hoop? Die dryfkrag van mede-Suid-Afrikaners om die regte ding te doen, die vooruitsig van wat die impak van ons projek gaan wees op die wyer kring van ons begunstigdes – elke punt is ’n beginpunt, al is dit hoe klein. En laastens, die vooruitsig dat ons na oplossings moet soek en nie verskonings nie.”

Me. Lien Ambraal, lid van die direksie van Dwarsberg Farming, wat deel vorm van ’n projek van die plaas Loxtonia in die Warm Bokkeveld, het gesê opleiding was vir hulle ’n baie belangrike faktor. 

“Vir ons as werkers was dit moeilik om te vorder van werker na begunstigdes na eienaar van ’n boerdery.” Sy het gesê dit verg ’n groot denksprong. “Dit is ’n ernstige besluit. Die eiendom is vandag al ’n jaar in ons besit en ons het nog net klein treetjies gegee, maar met vertroue, harde werk en mentorskap sal ons dit maak.”

Blaarvoeding

Me. Joy van Biljon, die hoof van die Koue Bokkeveld-opleidingsentrum, het gesê om ’n werker of begunstigde opleiding te gee is “soos blaarvoeding, jy help die boom bietjie aan”. 

Net soos met grondhervormingsprojekte van boerdery tot boerdery verskil, verskil opleidingsbehoeftes ook. “Daar is nie enkele oplossing nie, want elke projek en elke werker of begunstigde verskil. Opleiding is soos skool vir grootmense.” ’n Pasgemaakte leerprogram vir elke individu, verkieslik ’n vyfjaarplan, moet opgestel word om vordering te meet.

Van Biljon het diegene wat projekte oorweeg, aangemoedig om seker te maak dat die regte persone met die regte motivering gekies word. 

“Mense moet in groepe saamwerk. Iemand met ’n moeilike persoonlikheid of iemand wat met die skinderbek op die plaas getroud is, gaan nie werk nie.” 

Sy het gesê dat onthou moet word dat boerdery ’n “enorme hoeveelheid passie vereis, en dit kan jy nie vir iemand leer nie”.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.59
-0.8%
Rand - Pond
20.89
-0.0%
Rand - Euro
17.38
+0.0%
Rand - Aus dollar
10.90
+0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Goud
1,791.82
0.0%
Silwer
22.47
0.0%
Palladium
2,379.00
0.0%
Platinum
1,016.00
0.0%
Brent-ruolie
90.03
+0.8%
Top-40
67,021
-0.1%
Alle aandele
73,455
-0.1%
Hulpbronne 10
74,081
-1.4%
Industriële 25
90,993
+0.6%
Finansiële 15
15,218
+1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Selfs die donkerste nag sal eindig en die son sal opkom.
Ek is ń Christen. Ek dink aan myself as iemand met ń sin vir humor, vriendelikheid, verantwoordelikheid, ń liefde vir die natuur, positiewe denke en...
Pret en Plesier
Ek is stout en passievol. Ek lag maklik vir myself en verwag dieselfde. Nou is dit my tyd on Oets nuuts te ondervind. Ek het n interests te storie om te deep.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot