AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96

Misdaad: ‘Boere het ál minder vertroue in die polisie’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Johan Norval
Ter illustrasie. Foto: Johan Norval
Die reaksie onder politici en die georganiseerde landbou is een van skok en teleurstelling nadat mnr. Bheki Cele, minister van polisie, die misdaadsyfers vir die eerste drie maande van 2022 vandag bekend gemaak het.

“Die toename in misdaad is ontstellend,” sê dr. Pieter Groenewald, leier van Vryheidsfront Plus, in ’n verklaring kort ná die bekendmaking van die lank verwagte statistieke. “Die jongste polisiestatistieke skets in die algemeen ’n donker prentjie oor misdaad wat duidelik besig is om buite beheer te raak.”

Die DA het vinger gewys na Cele wat “keer op keer” gewys het hy is nie geskik vir sy posisie as minister van polisie nie.

Die DA beskryf die jongste misdaadsyfers as gruwelik en sê dit vlek “die bloedbad van geweld reg oor gemeenskappe in Suid-Afrika” oop.

“Suid-Afrikaners leef permanent in vrees; hulle is bang hulle gaan deel wees van die volgende misdaadstatistieke,” lui dié party se verklaring.

Volgens die nuutste misdaadstatistieke was daar 12 plaasmoorde in die eerste kwartaal teenoor 11 plaasmoorde in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Tog meen Groenewald dié statistieke, wat slegs die aantal plaasmoorde insluit, skets nie ’n volledige prentjie oor die algemene situasie rondom landelike veiligheid nie.

Nié akkurate weerspieëling

Mnr. Willie Clack, voorsitter van die nasionale veediefstalvoorkomingsforum, sê hoewel die syfer vir veediefstal op die oog af beduidend lyk, is dit nié ’n akkurate weerspie?ling van misdaad op plase nie.

“Boere het ál minder vertroue in die polisie en daarom is die aanmeldingsyfer van voorvalle –  soos  veediefstal – ook heelwat minder. Ons as ’n forum kan daarom nie heeltemal pyl trek op die statistieke nie.”

Volgens die aanmeldingsyfers wat wel ontvang is, was daar die afgelope jaar ’n afname in veediefstal in die Oos-Kaap, maar ’n toename in die Vrystaat, sê Clack.

Mnr. Kobus Visser, direkteur van landelike veiligheid en provinsiale sake van Agri SA, sê die syfers toon dat boere ’n ernstige veiligheidsbedreiging beleef. Dit sluit onder meer misdade met betrekking tot infrastruktuur en die steel van landbouprodukte en vee in.

“Dié misdaadstatistieke weerspie?l nie die misdade wat die landboubedryf teister  nie. Die veiligheid van die boeregemeenskap is nie net ’n boere-aangeleentheid nie, maar dit moet ook van nasionale belang wees omdat die landbousektor verantwoordelik is vir kos op Suid-Afrika se tafels en dit dra by tot nasionale stabiliteit.”

Volgens Visser toon ’n studie wat in 2018 uitgevoer is, dat alle boere oor die wêreld heen al onder misdaad deurgeloop het. Dit is egter net in Suid-Afrika waar boere aan plaasaanvalle en -moorde blootgestel word.

“ ’n Moord is ’n misdaad wat verpligtend is om by die polisie aan te meld, maar nie ander plaasmisdade nie. Boere het hul vertroue in die polisie verloor en voel as ’n misdaad wel ondersoek  word, sal die saak nie sterk genoeg wees vir vervolging nie.”

Mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, sê Suid-Afrika bloei en dit lyk asof die regering en die polisie nie die vermo? het om dit te beheer of stop te sit nie. “Die syfers hou aan styg; dit is duidelik die regering faal ons almal.”  

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.4%
Rand - Pond
20.66
-0.0%
Rand - Euro
17.80
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
You, Me and Memories
Ek is n rustige mens, nie tyd meer vir dramas nie. Lewe het my n paar houe gegee, maar is nogsteeds hier. Ou cliche hou van kamp en visvang. Is genaklik in die kombuis. Indoor...
JMJenny
Ek is n diereliefhebber. Baie uitgaande en ook baie gemaklik. Ontsettend positief. Iemand met n negatiewe houding moet my asb nie nader nie. Ontsettend lojaal
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot