AFGRI
BEAN
01 Jul
-
8800
-80,00
CORN
01 Jul
-
4172
-95,00
SOYA
01 Jul
-
8560
-26,00
SUNS
01 Jul
-
10740
-57,00
WEAT
01 Jul
-
7464
-1,00
WMAZ
01 Jul
-
4454
-4,00
YMAZ
01 Jul
-
4396
-12,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
17 Jun
-
60,81
0,68
Beeste AB2/3
17 Jun
-
57,66
-0,12
Beeste B2/3
17 Jun
-
53,3
0,03
Beeste C2/3
17 Jun
-
46,86
-0,48
Bevrore Hoender
17 Jun
-
31,45
0,54
Bokkies (onder 30 kg)
17 Jun
-
62,89
-5,12
Bokooie
17 Jun
-
49,59
-12,82
Groot (meer as 40 kg)
17 Jun
-
39,71
-6,55
Hoender (IQF)
17 Jun
-
30,12
0,45
Medium (30-40kg)
17 Jun
-
57,81
0,73
Pork Average
17 Jun
-
27,18
0,03
Poultry Average
17 Jun
-
31,15
0,47
Skaap A2/3
17 Jun
-
103,83
-1,38
Skaap AB2/3
17 Jun
-
83,52
-3,96
Skaap B2/3
17 Jun
-
78,12
-3,21
Skaap C2/3
17 Jun
-
74,62
-2,28
Speenkalf
17 Jun
-
36,4
0,23
Spekvarke
17 Jun
-
28
-0,11
Stoorlammers
17 Jun
-
52,94
-0,58
Varkwors
17 Jun
-
22,43
0,09
Vars Hoender
17 Jun
-
31,88
0,43
Vleisvarke
17 Jun
-
27,15
0,08

Misdaad ’n nagmerrie vir miljoene

akkreditasie
Mnr. Andrew Whitfield, die DA se skaduminister vir polisie. Foto: GCIS
Mnr. Andrew Whitfield, die DA se skaduminister vir polisie. Foto: GCIS
Miljoene Suid-Afrikaners het nagmerries van aanvalle, roof, verkragting en moord, terwyl pres. Cyril Ramaphosa droom, het mnr. Andrew Whitfield, die DA se skaduminister vir polisie, tydens die debat op Ramaphosa se staatsrede gesê.

Whitfield het het sy skok uitgespreek oor hoe die president absoluut geen melding gemaak het van landelike veiligheid in die staatsrede nie. Volgens hom wys dit hoe uit voeling die ANC-regering is en hoe min hy omgee vir mense in afgeleë gemeenskappe wat onder geweldsmisdaad deurloop.

Whitfield het verskeie voorvalle van aanvalle, verkragtings, moorde en aanrandings genoem. Hy het gesê boere en plaaswerkers van die Oos-Kaap tot Thoyandou leef daagliks in vrees en wonder of hulle die volgende slagoffer van geweldsmisdaad gaan wees.

Hy het vertel hoe mnr. Tool Wessels en sy vrou, Liesel, op hul plaas by Bonnievale in die Wes-Kaap aangeval is. Kookwater is oor albei gegooi en Liesel is met ’n skerp voorwerp gesteek. Tool is ook gemartel. Sy lyk is by ’n pompstasie in die wingerd gevind.

Misdaad beveg

Mnr. Bheki Cele, minister van polisie, het in die debat gesê die gesamentlike benadering van die strafregstelsel om te verseker dat landsburgers veilig is en voel, word versterk om voorvalle van geweldsmisdaad in die volgende dekade met die helfte te verminder.

Van die stappe wat gedoen sal word, sluit onder meer in die verhoging van sigbare polisiëring en groter belegging in menslike hulpbronne, terwyl geslagsgebaseerde geweld voorkeur sal geniet.

Hy het benadruk dat die polisie vasbeslote is om voorvalle van geweldsmisdaad te halveer.

“Die geweld waarvan ons praat, is iets wat elke dag gevoel en ervaar word. Dit is tasbaar, iets waarvan ons deel is. Ons kan nie sloer daarmee nie. Ons moet alle pogings aanwend, ongeag politieke affiliasie, kleur of enigiets anders, want wanneer dit (geweld) naby jou kom, verstaan jy dit beter.”

Hy het gesê dat geld begroot word om tegnologie te verbeter wat sal help om prioriteitsmisdaad te verminder. Outomatiese stelsels sal ingebring word by sekere plekke om doeltreffendheid te verbeter.

“Die wêreld draai rondom tegnologie en geen land sal suksesvol wees in die stryd teen misdaad sonder beduidende belegging in tegnologie binne die spektrum van die vierde nywerheidsrewolusie nie.”

Cele het benadruk dat gemeenskapsdeelname in die stryd teen misdaad noodsaaklik is. “Ons stem almal saam dat geweldsmisdaad ’n maatskaplike probleem is. Die mate van wreedheid in die meeste kontakmisdade, soos moord en verkragting, die misbruik van dwelms en alkohol en bendegeweld, lei tot maatskaplike verval wat ’n gesamentlike benadering vereis.”

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op Whatsapp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.45
-1.0%
Rand - Pond
19.73
+0.4%
Rand - Euro
17.08
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.16
+0.6%
Rand - Jen
0.12
-1.6%
Goud
1,800.13
-0.4%
Silwer
19.70
-2.8%
Palladium
1,938.50
-0.1%
Platinum
876.50
-2.4%
Brent-ruolie
109.03
-3.1%
Top-40
60,246
+0.2%
Alle aandele
66,275
+0.1%
Hulpbronne 10
62,190
-2.4%
Industriële 25
80,778
+1.7%
Finansiële 15
14,736
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Romanties
Dinsmiese passievolle men's. Hou van lewe en natuur, rond ry en nuwe plekke ontdek en om fun te he
Treat me like a Queen and I will treat u like a King
Ek is n outgoing mens Hou van visvang, Kamp, verf, onthaal. Baie easy-going. Hou van orde ek is Ocd:). Baie netjies en skoon op myself.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot