AFGRI
BEAN
23 Me
-
9010
27,00
CORN
23 Me
-
4896
10,00
SOYA
23 Me
-
9180
45,00
SUNS
23 Me
-
11244
149,00
WEAT
23 Me
-
8304
93,00
WMAZ
23 Me
-
4666
35,00
YMAZ
23 Me
-
4741
-6,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Me
-
168,05
3,02
Ave Wool - RWS
13 Me
-
179,53
-4,62
Beeste A2/3
13 Me
-
62,31
1,46
Beeste AB2/3
13 Me
-
59,74
1,26
Beeste B2/3
13 Me
-
54,18
-1,02
Beeste C2/3
13 Me
-
49,36
1,98
Bevrore Hoender
13 Me
-
31,09
0,25
Bokkies (onder 30 kg)
13 Me
-
59,25
-12,01
Bokooie
13 Me
-
48,53
-2,68
Groot (meer as 40 kg)
13 Me
-
43,21
-1,79
Hoender (IQF)
13 Me
-
29,58
0,11
Medium (30-40kg)
13 Me
-
55,89
4,30
Pork Average
13 Me
-
27,45
0,15
Poultry Average
13 Me
-
30,77
0,18
Skaap A2/3
13 Me
-
95,1
-1,87
Skaap AB2/3
13 Me
-
78,75
-0,91
Skaap B2/3
13 Me
-
75,51
-0,87
Skaap C2/3
13 Me
-
70,69
-1,09
Speenkalf
13 Me
-
38,26
0,47
Spekvarke
13 Me
-
27,63
-0,20
Stoorlammers
13 Me
-
47,29
-0,99
Varkwors
13 Me
-
21,94
0,00
Vars Hoender
13 Me
-
31,64
0,19
Vleisvarke
13 Me
-
27,41
0,12

Misdaadstatistiek: Daling tydens inperking aangeteken

akkreditasie
Mnr. Bheki Cele. Foto: GCIS
Mnr. Bheki Cele. Foto: GCIS
Die streng inperkingsmaatreëls wat Suid-Afrika weens die voorkoms van die Covid-19-pandemie ingestel het, en verbeterde sigbaarheid van die polisie het na verwagting ’n groot rol gespeel het in die afname in misdaad in die eerste kwartaal van die huidige boekjaar teenoor die statistieke van die ooreenstemmende tydperk in die vorige boekjaar.

Vier minder plaasmoorde en 468 minder voorvalle van veediefstal het volgens die polisie se statistieke voorgekom.

Mnr. Bheki Cele, minister van polisie, het die amptelike misdaadstatistieke vir dié kwartaal, wat strek van 1 April tot 30 Junie, bekend gemaak. Hierdie statistieke sal voortaan kwartaalliks bekend gemaak word. Daar was ’n afname van 35,8% (vanaf 5 398 tot 3 466) in moord en ’n afname van 37,4% in kontakmisdade. Inbrake by woonhuise het met 30,5% gedaal, maar by nie-residensiële persele het dit met 9,1% toegeneem.

Cele het gesê inbrake by skole en plekke wat drank verkoop, het toegeneem. Daar was 2 692 inbrake by onderriginstellings en 1 246 by plekke waar drank verkoop word. Altesaam 1 186 verdagtes is hiervoor aangekeer.

Cele het gesê dié statistieke skets ’n baie rooskleurige prentjie van ’n vreedsame Suid-Afrika wat ’n misdaadvakansie ervaar.

Hy het benadruk dat die werklikheid hiervan is dat landsburgers aan die oproepe gehoor gegee het om tydens die inperking by die huis te bly. Die omstandighede was so dat misdaad nie soos normaal kon floreer nie. Daar was ook baie meer sigbare polisiëring en grootskaalse voldoening aan die Wet op Rampbestuur.

Landelike gebiede

In die kwartaal was daar nege moorde op plase en kleinhoewes. Dit is vier minder as die ooreenstemmende tyd die vorige jaar. Daar was geen plaasmoorde in Noordwes, die Wes-Kaap en Limpopo nie. Daar was drie in die Vrystaat, twee in Gauteng, en een elk in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, die Noord-Kaap en Mpumalanga.

Kontakmisdaad wat in boerderyomgewings plaasgevind het, maar nie spesifiek as plaasaanvalle of plaasmoorde beskou kan word nie en ook plaasmoorde insluit, is 29 moorde, 60 voorvalle van poging tot moord en 120 voorvalle van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Die voorkoms van veediefstal het met 6% gedaal, vanaf 7 813 voorvalle in die eerste kwartaal van die 2019-’20-boekjaar tot 7 345 in die eerste kwartaal van die huidige boekjaar.

Vier provinsies het ’n styging getoon. Dit is die Wes-Kaap met 41 meer voorvalle as die vorige boekjaar, die Noord-Kaap met 56, die Oos-Kaap met 26 en KwaZulu-Natal met 9 meer.

In die Vrystaat is 195 minder voorvalle van veediefstal aangemeld, in Gauteng 20 minder, Limpopo 61 minder, Mpumalanga 202 minder en Noordwes 122 minder.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.74
+0.7%
Rand - Pond
19.79
+0.3%
Rand - Euro
16.80
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.18
+0.3%
Rand - Jen
0.12
+1.0%
Goud
1,850.71
+0.2%
Silwer
21.77
+0.0%
Palladium
1,996.00
+1.3%
Platinum
961.50
+0.3%
Brent-ruolie
112.55
+0.5%
Top-40
61,788
+1.3%
Alle aandele
68,367
+1.2%
Hulpbronne 10
74,616
+2.9%
Industriële 25
73,018
+0.1%
Finansiële 15
15,916
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Professionele man soek n vrou om saam die wereld te verken.
Ek is net n plesier, lag altyd, intelligent, professioneel, n vlieenier, seiljagvaarder, skubaduiker en baie romanties. Drie seuns bly en werk oorsee en is die stigter en hoof...
Hoopvol
Ek is n enkel ma van 3. Nog nooit getroud. Ek is mal oor dans, braai, rugby kyk, tyd saam familie. Ek hou ook van movies kyk en rustig wees by die huis.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot