AFGRI
BEAN
27 Jan
-
8110
232,00
CORN
27 Jan
-
3800
61,00
SOYA
27 Jan
-
8020
132,00
SUNS
27 Jan
-
9799
55,00
WEAT
27 Jan
-
5990
2,00
WMAZ
27 Jan
-
3540
30,00
YMAZ
27 Jan
-
3770
33,00
AMT
Beeste A2/3
14 Jan
-
56,61
2,35
Beeste AB2/3
14 Jan
-
54,81
1,61
Beeste B2/3
14 Jan
-
52,96
1,07
Beeste C2/3
14 Jan
-
46,06
-1,62
Bevrore Hoender
14 Jan
-
28,5
-0,41
Bokkies (onder 30 kg)
14 Jan
-
62,54
1,93
Bokooie
14 Jan
-
44,21
0,09
Groot (meer as 40 kg)
14 Jan
-
48,55
2,07
Hoender (IQF)
14 Jan
-
26
-1,55
Medium (30-40kg)
14 Jan
-
52,27
3,21
Pork Average
14 Jan
-
27,97
0,34
Poultry Average
14 Jan
-
27,83
-1,03
Skaap A2/3
14 Jan
-
83,51
-0,65
Skaap AB2/3
14 Jan
-
76,19
-0,44
Skaap B2/3
14 Jan
-
74,22
1,03
Skaap C2/3
14 Jan
-
69,25
-0,28
Speenkalf
14 Jan
-
40,35
-0,21
Spekvarke
14 Jan
-
27,93
-0,20
Stoorlammers
14 Jan
-
40,66
-0,02
Varkwors
14 Jan
-
22,58
0,42
Vars Hoender
14 Jan
-
29
-1,13
Vleisvarke
14 Jan
-
27,96
0,36
Wol (skoon)
14 Jan
-
172,35
-8,38

Misdaadstatistieke: Moord en bokdiefstal neem toe

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Bheki Cele. Foto: GCIS
Mnr. Bheki Cele. Foto: GCIS
Mnr. Bheki Cele, minister van polisie, het die geweldadige betogings van Julie vanjaar bestempel as die boosaardige vernietiging van infrastruktuur en die plundering van besigheidspersele.

Die gewelddadige betogings in Gauteng en KwaZulu-Natal in Julie het ’n impak op die jongste misdaadstatistieke vir die tydperk Julie 2021 tot September 2021 gehad, sê mnr. Bheki Cele, minister van polisie. Hy bestempel die betogings as die boosaardige vernietiging van infrastruktuur en die plundering van besigheidspersele.

Die onrus het meegebring dat 342 mense in Gauteng en KwaZulu-Natal gesterf het. Wat die nasionale statistieke betref, het moorde vir die drie maande maande met 20,7% toegeneem teenoor die ooreenstemmende tydperk in die vorige boekjaar.

Wanneer hierdie syfer vergelyk word met ’n tydperk voor die covid-19-pandemie, soos die ooreenstemmende tydperk in die 2019-’20-boekjaar, toon die moorde ’n toename van 13,7%.

Van Julie 2021 tot einde September 2021 is 6 163 mense in Suid-Afrika vermoor. Dit is 1 056 meer mense wat vermoor is as tydens die ooreenstemmende tydperk in die vorige boekjaar. Wanneer dit met ’n tydperk vergelyk word waar geen inperking weens covid-19 gegeld het nie, sou die styging 717 moorde gewees het. Die Wes-Kaap is die enigste provinsie wat ’n afname in moorde (0,2%) aangeteken het.

Plaasmoorde

Volgens die polisie se statistieke is 15 moorde tydens 10 voorvalle op plase gepleeg. In die ooreenstemmende tydperk tydens die vorige boekjaar is 13 plaasmoorde gepleeg, sê genl.maj. Norman Sekhukhune, hoof van navorsing en statistieke in die Suid-Afrikaanse Polisiediens.

Kontakmisdaad wat spesifiek op landbougrond, plase, plotte en kleinhoewes aangeteken is, maar wat nie as plaasmoorde verklaar kan word nie, sluit in 80 moorde, 71 sake van poging tot moord en 221 sake van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Die statistieke wys ook daar was vier aanvalle op plaaswerkers en/of -bewoners deur die boer of plaasbestuurder. Dit is ’n beduidende afname van die vorige kwartaal, 1 April 2021 tot 30 Junie 2021, toe dié syfer volgens die polisie op 15 gestaan het. Die vier voorvalle is twee voorvalle van aanranding met die doel om ernstig te beseer, een poging tot moord en een aanranding.

Veediefstal

Terwyl eiendomsverwante misdade met 6,2% gestyg het, het veediefstal met 9,2% afgeneem. Indien die syfer vergelyk word met die tydperk voor die covid-19-pandemie, die 2019-’20-boekjaar, sou die afname 15,4% gewees het.

Agt provinsies het afnames in veediefstal aangeteken, met twee provinsies wat ’n toename ondervind het. Limpopo het 37 of 7% meer sake aangeteken teenoor die ooreenstemmende tydperk in die vorige boekjaar, en Noordwes het 40 of 5,6% meer sake aangeteken.

Die Noord-Kaap en die Wes-Kaap het die grootste afname getoon met onderskeidelik 36,4% en 34,7% minder veediefstalsake wat aangemeld is. Die Oos-Kaap het ’n afname van 310 sake, Gauteng 46, die Vrystaat 29, KwaZulu-Natal 129 en Mpumalanga 26.

Mnr. Willie Clack, voorsitter van die nasionale veediefstalvoorkomingsforum, sê hulle is dankbaar oor die afname van 9,2%. “Die kwessie bly altyd of veediefstal werklik afneem en of omdat sake nie aangemeld word nie.”

Hy sê as mens na die neigings kyk, is dit opvallend dat die Noord-Kaap en die Wes-Kaap vir ’n lang tyd ’n dalende neiging het en die sake in die Vrystaat is ook sowat 3% minder. ’n Styging van 8% is vir bokdiefstal aangeteken. Die steel van beeste het met 20% afgeneem en skape met 17%.

“Die afname en sake is nie ’n groot verrassing nie, maar dit bly steeds baie hoog en mens sal wil sien dat dit verder afneem.”

Die redes vir die afname kan nie verklaar word nie, maar daar kan bespiegel word dat dit nie lyk asof die covid-19-pandemie ’n werklike impak gehad het nie.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.32
+0.1%
Rand - Pond
20.57
+0.5%
Rand - Euro
17.15
+0.5%
Rand - Aus dollar
10.84
+0.6%
Rand - Jen
0.13
+0.3%
Goud
1,812.92
-0.3%
Silwer
23.22
-1.2%
Palladium
2,332.50
-0.1%
Platinum
1,028.00
-0.6%
Brent-ruolie
89.96
+2.0%
Top-40
66,349
-1.5%
Alle aandele
72,731
-1.5%
Hulpbronne 10
74,244
-1.3%
Industriële 25
89,731
-1.9%
Finansiële 15
14,791
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kyk war gebeur
Ek het n saggesardheid Hou van die buite lewe en die natuur Wil nie in n stad bly nie Stap graag
Wees net jouself.
Ek is soms nie n maklike men's nie, maar ek love om grap of 2 te maak. Ek het geleer deur al my voute en leer nou nog. Soms maak dit jou te hart. Ek is n plain men's...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot