AFGRI
BEAN
26 Nov
-
7600
0,00
CORN
26 Nov
-
3615
0,00
SOYA
26 Nov
-
7427
0,00
SUNS
26 Nov
-
11170
0,00
WEAT
26 Nov
-
6202
0,00
WMAZ
26 Nov
-
3420
0,00
YMAZ
26 Nov
-
3651
0,00
AMT
Beeste A2/3
12 Nov
-
53,56
-0,07
Beeste AB2/3
12 Nov
-
51,91
-0,45
Beeste B2/3
12 Nov
-
49,04
-0,89
Beeste C2/3
12 Nov
-
46,15
0,38
Bevrore Hoender
12 Nov
-
29,34
0,37
Bokkies (onder 30 kg)
12 Nov
-
66,06
-1,00
Bokooie
12 Nov
-
46,92
1,10
Groot (meer as 40 kg)
12 Nov
-
39,53
-1,69
Hoender (IQF)
12 Nov
-
27,78
1,63
Medium (30-40kg)
12 Nov
-
54,15
0,97
Pork Average
12 Nov
-
27,78
-0,41
Poultry Average
12 Nov
-
29,22
0,77
Skaap A2/3
12 Nov
-
84,63
-0,14
Skaap AB2/3
12 Nov
-
75,86
0,10
Skaap B2/3
12 Nov
-
72
0,11
Skaap C2/3
12 Nov
-
69,61
-0,41
Speenkalf
12 Nov
-
40,08
-1,39
Spekvarke
12 Nov
-
29,62
0,34
Stoorlammers
12 Nov
-
45,41
-0,52
Varkwors
12 Nov
-
22,96
-0,51
Vars Hoender
12 Nov
-
30,54
0,29
Vleisvarke
12 Nov
-
27,62
-0,45
Wol (skoon)
12 Nov
-
167,2
-2,88

Misdaadstudie wil help om plattelandse misdaad te beperk

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Die Limpopo-misdaadvoorkomingsforum, bestaande uit TLU SA Noord, Agri Limpopo, Afasa en Nafu, nooi boere om aan ’n studie deel te neem aangaande misdaad op plase.

Die studie het ten doel om plaasmisdaad, reaksie op misdaad en misdaadvoorkomingsmaatreëls te ondersoek om uit te vind watter stappe die regering, polisie en ander organisasies kan doen om plaasmisdade reg oor Suid-Afrika te verminder.

Die studie het ook ten doel om ’n lys misdaadvoorkomingsmaatreëls op te stel wat deur gemeenskappe gebruik kan word.

Mnr. Willie Clack, projekleier, sê die forum nooi enigiemand van 18 jaar en ouer wat by die landbou betrokke is, om aan die studie deel te neem. “Ons sal dit op prys stel as ons een vraelys per gesin ontvang, terwyl die vraelyste ook na ander boere in die omgewing aangestuur kan word.”

Hy sê die vraelys sal vrae bevat oor voorvalle van misdaad op plase, asook kwessies rondom die regsproses en misdaadvoorkoming. “Die voordeel wat die vraelys inhou, is dat die navorsers insig kan verkry in die ervarings van Suid-Afrikaanse boere en, in samehang met die ervarings van ander boere reg oor die land, ’n reeks aanbevelings kan maak wat regstreekse voordeel vir gemeenskappe kan inhou.”

Die vraelys word anoniem hanteer en kos sowat 20 minute om in te vul. “Wees verseker dat die besonderhede van persoonlike ervarings van misdaad nie in die navorsing ingesluit sal word nie,” sê Clack. Daar kan geen ongunstige gevolge vir deelnemers aan die studie wees nie, aangesien die vertroulikheid en anonimiteit van deelnemers beskerm word.

“Boonop word die inligting wat versamel word, gebêre onder regulasies neergelê deur die Universiteit van Suid-Afrika en in leêrs gehou wat met ’n wagwoord beskerm word. Individue word nie in verslae wat uit die studie gepubliseer word, geïdentifiseer nie, terwyl moontlike toekomstige gebruik van die inligting onderhewig is aan verdere navorsingsetiekhersienings en toestemming, waar nodig.”

Hy sê boere wat ingelig wil bly oor die bevindinge van die studie, of wat enige aspek van die studie wil bespreek, kan die kantoor van TLU SA of Agri Limpopo kontak. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Farmboy73
Plat op die aarde man. Ietwat introvert tot ek jou leer ken. God is vir my belangrik. Ek gee maklik terug wat ek ontvang. Hou van na die stilte van die plaas gaan waar ek...
Pêrel soek 'n Pasmaat
Ek waardeer die mooi dinge in die lewe - musiek, kuns, 'n goeie boek, heerlike kos. Ek is lief vir mense, diere en kinders. Ek hou van stilte en die natuur. Ek verf graag...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot