AFGRI
BEAN
05 Des
-
9237
0,00
CORN
05 Des
-
4511
0,00
SOYA
05 Des
-
10500
0,00
SUNS
05 Des
-
10920
0,00
WEAT
05 Des
-
6716
0,00
WMAZ
05 Des
-
5064
0,00
YMAZ
05 Des
-
4900
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Misdaadsyfers: Cele moet in die pad gesteek word

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Bheki Cele en genl. Khehla Sitole. Foto: GCIS
Mnr. Bheki Cele en genl. Khehla Sitole. Foto: GCIS
Die nuutste misdaadsyfers wat aandui dat moord en poging tot moord toegeneem het, is vanuit verskeie oorde veroordeel.

Die nuutste skokkende misdaadsyfers dien as nóg ’n bewys dat mnr. Bheki Cele, minister van polisie, onbevoeg is en afgedank moet word, sê mnr. Okkie Terblanche, DA-LP, na aanleiding van die nuutste misdaadsyfers wat vandag aangekondig is.

Volgens die polisie se statistieke was daar gedurende die derde kwartaal van die 2021-’22-boekjaar ’n 8,9%-toename in moord en 3,5%-toename in poging tot moord vergeleke met die vorige boekjaar. Daar was ook ’n 11,3%-toename in moord en 9,46%-toename in poging tot moord vanaf die tweede kwartaal van die 2021-’22-boekjaar.

Die moordsyfer verteenwoordig sowat 37 per 100 000 van die bevolking teenoor ’n wêreldgemiddelde van 7 per 100 000. Daar is dus bykans 75 mense elke dag van die derde kwartaal vermoor.

Die nuutste misdaadsyfers beklemtoon ook volgens hom die dringendheid van die mosie van wantroue wat mnr. John Steenhuisen, DA-leier, vroeër vandeesweek teen die kabinet ter tafel gelê het. “Cele en sy kollegas in die uitvoerende gesag is onbekwaam en onbevoeg om die regering doeltreffend te bestuur. Die onluste in Julie het bewys dat al blaf hy hard, het Cele geen byt nie. Hy is onwillig en nie daartoe in staat om ’n ommeswaai in die polisie teweeg te bring nie. Sy onbevoegdheid het talle Suid-Afrikaners hul lewe gekos en misdaad laat floreer.

“Die DA het geen vertroue in Cele nie. Suid-Afrikaners het al hul vertroue in hom verloor. Dit is tyd dat pres. Cyril Ramaphosa hierdie dooie hout uit sy kabinet verwyder.”

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, sê die polisie se jongste statistieke dui op ’n effense stabilisering in verskeie kategorieë misdaad, maar ’n groot taak wag om die land se uiters hoë misdaadvlakke om te keer. “Die aantal gevalle van vigilantisme en boendoehof-geregtigheid in die moordsyfer wys dat die publiek hul vertroue in die polisie verloor het en toenemend die reg in eie hande neem.”

Mnr. Kobus Visser, beleidshoof vir landelike veiligheid by Agri SA, sê die styging in die moordsyfer is kommerwekkend. “Ons polisie en regering misluk daarin om alle Suid-Afrikaners te beskerm. Die syfer vir plaasmoorde is steeds hoog. Dit is onaanvaarbaar dat boere en plaaswerkers, wat ’n belangrike bydrae tot die land se ekonomie en voedselsekerheid lewer, misdadigers se teikens is en wreed vermoor word.”

Vrae oor eiendomsverwante misdaadstatistieke

Hy meen die 7,7%-daling in eiendomsverwante misdaad kan bevraagteken word. “Dit strook nie met wat ons by boere verneem nie. Die rede daarvoor kan wees dat die landbougemeenskap so moedeloos geword het dat hulle nie meer hierdie misdaad aanmeld nie omdat die polisie dit nie met erns hanteer nie en die sake nie opgelos word nie.”

Hy sê as die polisie landelike misdaad wil hokslaan, sal hulle met die nodige hulpbronne vorendag moet kom om die landelike beveiligingstrategie toe te pas en die reservistestelsel van die grond af kry.

TLU SA se plaasmoordsyfers verskil van polisie sin

Mnr. Henry Geldenhuys, president van TLU SA, sê dringende optrede is nou nodig. Volgens TLU SA se syfers was daar 12 plaasmoorde teenoor die 11 van die polisie se syfers. “Ons werk streng volgens saaknommers. Die klem moet egter nou wees om dié syfer af te druk met ’n daadwerklike poging.

“Die polisie se landelike veiligheidstrategie is ’n goeie plan, maar dit wil voorkom of dit nêrens toegepas is nie. Daarom moet ons met die samewerking van die polisie en ander organisasies toesien dat die plan tot op grondvlak toegepas word.

“Ek weet tegnologie is duur, maar ons moet dit gebruik om veiligheid op plase te verbeter. Ons boere moet ook opleiding kry in wat gedoen moet word as daar ’n plaasaanval is. Dit plaas meer druk op die landbou en boere, maar dit is wat nou nodig is.”

Geldenhuys meen dat die afname in veediefstal moontlik kan wees omdat boere nie altyd dié misdaad aanmeld nie. “Daar is ’n afname van 450 sake landwyd wat baie goed lyk, maar ons weet op grondvlak is baie boere moedeloos omdat soveel van die sake wat wel aangemeld word, nie afgehandel of suksesvol vervolg word nie. Daarom doen sommiges nie meer die moeite om die saak aan te meld nie.”

Mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, sê die regering het twee groot verantwoordelikhede – om inwoners se veiligheid te verseker en ’n klimaat vir ekonomiese groei te skep. “Of die ANC-regering die politieke wil het om die huidige stand van sake rakende misdaad te veroordeel, is onduidelik.

“As gevolg van die ongelooflik hoë werkloosheid – weens die ANC se beleidsomgewing – is daar armoede en mense sonder kos. Dit dra by tot misdaad. Dit is onaanvaarbaar. Die langtermynoplossing is ’n beleidsomgewing wat vertroue en stabiliteit skep. Dit is wat die misdaadkultuur gaan omswaai.”

Van Zyl voeg by dat suiwering in die polisiediens moet plaasvind. “Hulle moet beter opleiding kry en bemagtig word sodat ons as publiek hulle weer kan vertrou. Ons het ’n polisiediens nodig wat weer die vriend van die wetsgehoorsame burgers van die land is.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.30
+1.4%
Rand - Pond
21.30
+0.2%
Rand - Euro
18.29
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.82
-0.3%
Rand - Jen
0.13
+0.7%
Goud
1,803.30
+0.3%
Silwer
23.17
+0.1%
Palladium
1,918.50
+1.0%
Platinum
1,021.14
+0.1%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
0.0%
Alle aandele
74,323
0.0%
Hulpbronne 10
74,020
0.0%
Industriële 25
91,592
0.0%
Finansiële 15
15,398
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Passievolle lewenslustige omgee persoon.
Passievol en lewenslustige. Weet hoe om die lewe te geniet. Die lewe is hopeloos te kort vir drama. Bou die toekoms wat ek vir myself wil he. Baie om te bied aan die regte...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot