AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9714
0,00
CORN
29 Mrt
-
4671
0,00
SOYA
29 Mrt
-
8192
0,00
SUNS
29 Mrt
-
8660
0,00
WEAT
29 Mrt
-
6654
0,00
WMAZ
29 Mrt
-
3990
0,00
YMAZ
29 Mrt
-
4053
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Misdaadsyfers: Veediefstal en plaasmoorde daal

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Marieke Snyman
Ter illustrasie. Foto: Marieke Snyman
Minder gevalle van veediefstal is gedurende April tot Junie aangemeld. Twee minder plaasmoorde is ook vir die afgelope oorsigtydperk teenoor die ooreenstemmende drie maande van 2021 aangemeld.

Dít is vir volgens die nuutste misdaadsyfers wat Vrydag deur mnr. Bheki Cele, minister van polisie, vir die tweede kwartaal van die jaar bekend gemaak is.

Mnr. Willie Clack, voorsitter van die nasionale veediefstalvoorkomingsforum, sê die nuutste syfers van die polisie toon veediefstal in die land het met 4,9% in die tweede kwartaal teenoor die ooreenstemmende tydperk verlede jaar afgeneem.

Daar was in drie provinsies – Limpopo, Gauteng en Noordwes – wel ’n klein toename. Die res van die provinsies se veediefstalsyfers toon almal ’n afname, met die Oos-Kaap wat die grootste daling vir die oorsigtydperk toon.

“Dit is duidelik dat alle eiendomsverwante misdade in die land aan die afneem is. Ons kan dit net toeskryf aan beter beheer, beter selfpolisiëring en beter sekuriteit wat ons toepas om ons eiendom te beskerm.”

Plaasmoorde

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, sê die statistieke toon ’n effense afplatting in die aantal plaasmoorde met 10 slagoffers wat vir die tydperk aangemeld is teenoor die 14 slagoffers vir die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

“In die eerste drie maande vanjaar is 12 plaas moorde aangemeld,” sê hy. “Ek het gevra dat die aantal plaasaanvalle ook aangedui moet word, wat toe nie gedoen is nie en ek sal dit opvolg in die parlement se portefeuljekomitee vir polisie.

“Die afname in plaasmoorde word wel verwelkom. Dit bewys dat landelike gemeenskappe self beter beveiliging begin toepas.”

Volgens hom is die afgelope tweede kwartaal se totale moordsyfer die hoogste die afgelope vyf jaar.

Altesame 6 424 mense is in die tweede kwartaal vanjaar vermoor (11 uit 100 000) teenoor 5 760 vir die vergelykbare tydperk verlede jaar –  ? toename van 11,5%. Vergeleke die eerste kwartaal vanjaar het dié syfer met 5,61% toegeneem.

Vroue en kinders word toenemend slagoffers van geweldsmisdaad

“Geweldsmisdaad teen vroue en kinders het veral skerp toegeneem. Moord op vroue het die afgelope kwartaal met 53,2% gestyg teenoor die ooreenstemmende tyd verlede jaar en op kinders met 46,4%.”

Ander geweldsmisdaad teen vroue en kinders het ook toegeneem.

Daar was ’n toename van 31,4% in poging tot moord op vroue en 54,7% in aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Wat kinders aanbetref, is die syfer vir aanranding met die opset om ernstig te beseer nog hoër op met 58,4% en poging tot moord met 57,4%.

“Die afname in seksuele oortredings waar vroue en kinders meestal die slagoffers is, word verwelkom. Die VF Plus doen nogtans ’n beroep op slagoffers om na vore te kom.

“Ernstige probleme met onder meer DNS-toetsing by die polisie se laboratoriums het in die jongste jare ’n groot invloed gehad op die afhandeling van sake en die vervolging van seksuele oortreders.

“Hoe ’n groot rol dit speel in die feit dat slagoffers moontlik moed opgegee het om sake aan te meld, is ’n ope vraag.”

Ontvoerings

Hy sê nog ’n kommerwekkende neiging is die deurlopende skerp toename in ontvoerings. Dit het in die tweede kwartaal vanjaar toegeneem met 59,1% (3 550) teenoor verlede jaar se 2 232.

In die eerste kwartaal vanjaar het dit toegeneem met 109,2% teenoor verlede jaar.

“Dit is duidelik dat ’n strategie hiervoor dringend nodig is,” volgens hom.

Min vertroue in polisie

“Navorsing toon dat slegs 27% van die publiek nog die polisie vertrou. Uiteindelik is dit die onbevoegdheid van die ANC-regering wat bygedra het tot die feit dat die polisie sy angel verloor het en vir die gebreke in die strafregstelsel.”

Mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, sê dis hartseer dat Suid-Afrika in ’n wipplankryery verval het waar misdaad styg en sak ten opsigte van verskillende dele daarvan.

“Ons behoort eerder tot nul te beweeg. Die land se hele veiligheidstelsel moet eintlik ’n glyplank wees na nul toe.”

Hy sê al is daar verbeteringe van sekere syfers, is dit steeds onaanvaarbaar en dis nie iets om oor bly te wees.

“Bestuur van veiligheid in ons land het as’t ware ’n klug geword weens politieke omgewing, die wil van ’n minister, politieke wilskrag en vele ander redes.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.14
-0.2%
Rand - Pond
22.32
-0.1%
Rand - Euro
19.65
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.12
-0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.3%
Platinum
966.35
+0.7%
Palladium
1,442.64
+1.8%
Goud
1,960.10
-0.2%
Silwer
23.36
+0.1%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
70,865
0.0%
Alle aandele
76,480
0.0%
Hulpbronne 10
66,658
0.0%
Industriële 25
103,311
0.0%
Finansiële 15
15,614
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na liefde
Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot