AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Moeilike omstandighede stuit Amadlelo nie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Koeie rus op een van Amadlelo Agri se melkplase. Foto: Amadlelo Agri
Koeie rus op een van Amadlelo Agri se melkplase. Foto: Amadlelo Agri
Droogtetoestande en die impak daarvan op een van Amadlelo Agri se melkplase hou die bestuur snags wakker.

Droogte, watertariewe en bure se koeie op hul weiding is van die probleme waarmee die Oos-Kaapse swartbemagtigingsonderneming Amadlelo Agri se vyf gemeenskapsgebaseerde melkplase te kampe het, maar sy werkers beur passievol voort.

Die maatskappy het vanjaar 28 miljoen liter melk geproduseer, het 5 000 koeie in melk en wil verder uitbrei.

Mnr. Bulelani Ngcuka, voorsitter, het by ’n jaarlikse geleentheid waar die maatskappy sy presteerders vereer, gesê op een van hul melkplase is die water besig om op te raak en as dit nie teen Kersfees vanjaar gereën het nie, sal hulle dit moet toemaak. “Dit hou ons snags wakker.”

Watertariewe is ook ’n probleem.

“Ons betaal meer vir water as kommersiële boere. Ons betaal vir water wat ons nie gebruik nie. Die oomblik dat hulle vir jou die lisensie gee, begin hulle vir jou ’n rekening stuur.”

Me. Nonkqubela Pieters, LUR van landelike ontwikkeling en landbouhervorming in die Oos-Kaap en ook ’n spreker by die geleentheid, het dit as onaanvaarbaar beskryf. “In vandag se dae kan ’n mens nie ’n prys hê vir wit boere en ’n prys vir swart boere hê nie.”

Volgens haar departement se landbou-ekonomiese transformasiestrategie is daar verspeelde geleenthede in die suiwelbedryf in die Oos-Kaap en kan die provinsiale melkkudde met 30 000 koeie vergroot en 600 bykomende werkgeleenthede geskep word.

’n Vennootskapsmodel soos Amadlelo Agri s’n kan hiervoor gebruik word. 

Gemeenskapsverhoudinge

Die maatskappy, waarvan 72% in breë swart swart besit is, bedryf melkplase by Alice, Middledrift, Shiloh, Keiskammahoek en Ncora.

Ngcuka het gesê verskeie gemeenskappe is betrokke en daar is van die armste van die armes rondom die plase.

“Wanneer daar droogte is en hulle sien die gras is groen waar ons is, sny hulle ons heining en bring hul koeie in om te wei. In die proses bring dit siektes en besmet ons koeie. Ons vrektesyfer is baie hoog. Verlede jaar het ons meer as 400 koeie verloor.

“Wanneer mense honger is, spring hulle oor die heining en slag ons koeie.”

Ngcuka het gesê sommige gemeenskapslede sien nie die voordele van die projek nie en het al ’n melktenkwa voorgekeer en die melk op die pad laat uitloop. 

‘Baken van hoop’

Ngcuka het gewys op die verskil tussen die ervaring van bestuurders op hul melkplase vergeleke met dié van kommersiële plase, naamlik gemiddeld vyf jaar teenoor 20 jaar.

Ondanks al die probleme is werknemers passievol en veerkragtig.

Mnr. Colin Wellbeloved, voorsitter van die Melkprodusente-organisasie (MPO), het Amadlelo Agri ’n baken van hoop genoem. Hy self boer al 20 jaar en is die derde generasie op sy plaas, wat beteken die familie is al 80 jaar daar, “en ons het nog nie ’n tiende gedoen van wat Amadlelo Agri bereik het nie.

“Ons as boere het ontsag vir jul prestasies rakende produksie, ontwikkeling, samewerking en maatskaplike opheffing.” 

Uitbreiding

Volgens mnr. Simphiwe Somdyala, uitvoerende hoof van Amadlelo Agri, het die onderneming vermoëns om die melkplase uit te brei.

“Daar is ook ontsaglike ruimte om na ander gemeenskappe uit te brei omdat die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal genoeg bewerkbare grond het.”

Fort Hare se suiweltrust het vanjaar 10 van die 16 toekennings verower, onder meer vir beste plaas algeheel, beste administrasie en hoogste wins per hektaar. Middledrift Dairy het die toekenning gekry vir laagste persentasie voer gekoop, Shiloh Dairy Trust vir beste vrugbaarheids- en bevrugtingsyfers, Ncora Dairy Trust vir beste melkgehalte, Seven Stars Trus vir laagstekosteprodusent, me. Lumka Maso en mnr. Alfred Mcasi vir rentmeesterskap en gemeenskapskampvegter en mnr. Tukela Jantijies is aangewys as projekvoorsitter van die jaar. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
-0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na mevrou reg
Ek soek iemand om mee te deel en cuddle liefdevol en sosiaal wil wees saam my en saam my will groei
Jy lewe net eenkeer kom maak die beste daarvan
Vriendelike lewenslustige weduwee wat graag nuwe mense wil ontmoet. Hou van dans en die natuur en soms net rustig wees
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot