AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9871
-45,00
CORN
22 Mrt
-
4461
-4,00
SOYA
22 Mrt
-
8450
-62,00
SUNS
22 Mrt
-
9450
-140,00
WEAT
22 Mrt
-
6545
-65,00
WMAZ
22 Mrt
-
3890
-60,00
YMAZ
22 Mrt
-
4103
-56,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Moontlike koper kyk na Clover

akkreditasie
Foto: Carien Kruger
Foto: Carien Kruger
Clover se aandeelprys het skerp gestyg sedert dit bekend geword het dat ’n ander maatskappy hom dalk wil koop.

Clover het op 19 Oktober op die JSE se Sens-nuusdiens bekend gemaak dat hy in gesprek is met ’n ander onderneming, wie se naam nie genoem is nie, wat beoog om al sy uitgereikte aandele te koop.

Die Clover-aandeelprys het die vorige dag, 18 Oktober, op R14,10 gesluit, maar ’n paar dae later, op 23 Oktober, het dit op R17,16 gesluit.

Mnr. Nick Kunze, takbestuurder van Bridge Stockbrokers, ’n onderneming wat beleggingsfondse bestuur, sê Clover se aandeel is histories nie duur nie en bied goeie waarde vir ’n voornemende koper.

Clover se markkapitalisasie is R3,26 miljard en volgens Kunze verteenwoordig sy prys-tot-boekwaarde van 1,15 billike waarde, veral vergeleke met dié van ander genoteerde suiwelmaatskappye in die wêreld.

Clover se dividenduitbetaling van 4,4% is volgens hom ook beter as dié maatskappye s’n.

Clover was eens ’n koöperasie, het in 2003 ’n openbare maatskappy geword en is in 2010 op die JSE genoteer.

“Vir aandeelhouers was dit ’n wilde rit,” sê Kunze. Die aandeelprys het byvoorbeeld in Januarie tot R11,50 gedaal en in April tot R19,89 gestyg. “Dit was tot dusver moeilik om te verstaan wat Clover se waarde werklik is.”

Kunze sê die maatskappy het homself in die afgelope drie tot vyf jaar herontwerp en het nou ’n verskeidenheid produkte onder ’n mededingende handelsmerk.

Hy is baie optimisties oor die reuse-potensiaal vir melkbedrywighede in Afrika en sê dít kan die rede wees “hoekom ’n derde party skielik rondsnuffel”.

“Vir ’n voedselproduk so basies en noodsaaklik tot die mens se dieet soos melk, bly die verbruiks- en vraagpotensiaal van melk in Afrika onderontgin.”

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.55
-0.1%
Rand - Pond
22.78
-0.6%
Rand - Euro
19.98
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.41
-0.4%
Rand - Jen
0.14
-0.2%
Platinum
975.53
+0.3%
Palladium
1,390.90
-1.1%
Goud
1,944.93
+0.2%
Silwer
22.42
+0.1%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,330
+0.8%
Alle aandele
74,829
+0.8%
Hulpbronne 10
65,252
-0.6%
Industriële 25
101,008
+1.2%
Finansiële 15
15,304
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Gemaklik met 'n goeie sin vir humor
Ek is 'n "easy going" persoon met 'n goeie sin vir humor. Ek hou van die bos en geniet die see miskien 'n bietjie meer. Ek is 'n baie positiewe...
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot