AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96

Moordsyfer in SA bly hoog

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Bheki Cele. Foto: GCIS
Mnr. Bheki Cele. Foto: GCIS
Die polisie het die misdaadstatistiek wat strek vanaf 1 Oktober 2021 tot 31 Desember 2021 vandag bekend gemaak.

Moord in Suid-Afrika bly kommerwekkend “hardnekkig,” het mnr. Bheki Cele, minister van polisie, gesê. Volgens die polisie se statistieke is 6 859 moorde in die derde kwartaal van die 2021-’22-boekjaar in Suid-Afrika gepleeg.

Die polisie het die misdaadstatistieke vir die tydperk van 1 Oktober 2021 tot 31 Desember 2021 vandag bekend gemaak.

Moord toon ’n toename van 562 of 8,9% wanneer dit met die ooreenstemmende tydperk van die vorige boekjaar vergelyk word.

Poging tot moord het met 193 voorvalle of 3,5% gestyg vanaf 5 452 tot 5 645. Noordwes het die hoogste toename in moordsake getoon, ’n styging van 24,3% wanneer dit vergelyk word met die ooreenstemmende tydperk van die vorige boekjaar. Minder moorde is in die Vrystaat en Wes-Kaap gepleeg.

Elf moorde is tydens 11 voorvalle op plase gepleeg. In die ooreenstemmende tydperk van die vorige boekjaar het die polisie 22 moorde op plase aangeteken, het Cele gesê.

Landelike gebiede

Kontakmisdaad wat spesifiek op landbougrond, plase, plotte en kleinhoewes plaasgevind het en wat nie as plaasmoorde beskou kan word nie, sluit in 70 sake van moord, 69 van poging tot moord en 291 van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Luidens die statistieke was daar nege aanvalle op plaaswerkers/-bewoners wat deur die boer of plaasbestuurder gepleeg was. Daar was drie moorde, een elk in die Vrystaat, Limpopo en KwaZulu-Natal. Daar was drie voorvalle van poging tot moord, twee in Limpopo en een in die Vrystaat. In Limpopo en Gauteng was daar elk een voorval van aanranding met die doel om ernstig te beseer en een voorval van aanranding in die Vrystaat.

Veediefstal daal

Dit wil blyk dat ingrypings om veediefstal hok te slaan, tog begin vrugte afwerp.

Veediefstal toon ’n afname van 5,7%. Dit is 450 sake minder as in die ooreenstemmende tydperk in die 2020-’21-boekjaar, toe dit op 7 854 gestaan het.

Provinsies wat ’n afname in veediefstal toon, is die Oos-Kaap, die Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga, die Noord-Kaap en die Wes-Kaap. Die Noord-Kaap het die grootste afname getoon met 34,4%. Drie provinsies het toenames getoon, met Limpopo die hoogste toename met 16,7%, Noordwes met 8,7% en KwaZulu-Natal met 0,8%.

Eiendomsverwante misdade het ’n afname van 7,7% getoon.

Mnr. Willie Clack, voorsitter van die nasionale veediefstalvoorkomingsforum, sê dis verblydend dat veediefstal met 5,7% afgeneem het. “As mens kyk na die getalle, veral omdat dit oor die feestydperk was, is dit vir ons verblydend om te sien dat daar ’n afname is. Ons weet nie presies wat die redes is nie, maar dit kan wees dat ons bewusmakingsveldtogte voor die feestyd vrugte afgewerp het.”

Clack sê die statistieke by die 30 polisiekantore waar die meeste veediefstal voorkom, wys dat voorvalle afgeneem het waar daar werklike ingrypings deur die polisie was. “In veral die Oos-Kaap het sekere kantore aansienlike afnames getoon, soos Sulenkama wat nie meer in die toptien is nie.”

Wat steeds kommerwekkend is, is dat veediefstal in KwaZulu-Natal toeneem. In die Vrystaat is die meeste voorvalle van veediefstal by Harrismith en Selosesha aangemeld. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.4%
Rand - Pond
20.66
-0.0%
Rand - Euro
17.80
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
You, Me and Memories
Ek is n rustige mens, nie tyd meer vir dramas nie. Lewe het my n paar houe gegee, maar is nogsteeds hier. Ou cliche hou van kamp en visvang. Is genaklik in die kombuis. Indoor...
JMJenny
Ek is n diereliefhebber. Baie uitgaande en ook baie gemaklik. Ontsettend positief. Iemand met n negatiewe houding moet my asb nie nader nie. Ontsettend lojaal
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot