Mnr. Jannie Mouton, voorsitter van PSG en Zeder, gaan glo bedank as direkteur van die KWV.
Luidens ‘n berig op Sake24.com is Mouton glo van plan om Donderdag (10 Februarie) te bedank ná maande se omstredenheid oor die moontlike verkoop van die KWV aan Pioneer Foods.
Volgens Sake24.com het Mouton Dinsdag (8 Februarie) bevestig dat sy mededirekteure, mnre. Antonie Jacobs en Phillip Retief, ook terselfdertyd uit die maatskappy se direksie gaan bedank.
Onverstaanbaar?
“Ons is verkopers van die KWV en indien iemand ’n beter prys aanbied as wat Pioneer aanbied, sal ons heel moontlik verkoop, ongeag wie die koper is.
"Dit bly steeds onverstaanbaar waarom almal hieroor skryf asof ons daarop uit is om waarde te vernietig deur die KWV teen minder as sy billike waarde aan Pioneer te verkoop. Ons doel is om aandeelhouer-waarde te skep en nie te vernietig nie,” aldus Mouton.
Meer inligting oor die kwessie sal binnekort op Landbou.com beskikbaar wees.
Bron: Sake24.com
9 Februarie 2011