AFGRI
BEAN
31 Me
-
8440
-229,00
CORN
31 Me
-
4035
-79,00
SOYA
31 Me
-
7769
-121,00
SUNS
31 Me
-
8135
-131,00
WEAT
31 Me
-
6645
-8,00
WMAZ
31 Me
-
3868,2
-34,80
YMAZ
31 Me
-
3822
-31,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Mozzarella is Suiwelproduk van die Jaar

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die 2023 SA Suiwelproduk van die Jaar: Woolworths Ayrshire Mozzarella 600 g, gemaak deur RFG Foods. Foto: Hennie van Loggerenberg/OCTA 5
Die 2023 SA Suiwelproduk van die Jaar: Woolworths Ayrshire Mozzarella 600 g, gemaak deur RFG Foods. Foto: Hennie van Loggerenberg/OCTA 5
’n Ayrshire Mozzarella-kaas, wat vir Woolworths deur RFG Foods in Simondium gemaak word, is as die Suiwelproduk van die Jaar bekroon.

Die Suid-Afrikaanse Qualité-prysoorhandiging was op Donderdag 25 Mei 2023 by Eensgezind buite Durbanville.  

Die wenproduk, Woolworths se 600 g Ayrshire Mozzarella, was een van 929 melkprodukte van 71 vervaardigers wat deur ’n span van 80 beoordelaars beoordeel is. Uit die groot aantal inskrywings is 106 produkte as kampioene aangewys, wat as die wenners in elke kampioenskapsklas uitgestaan het. Vanjaar is 23 produkte met die Qualité-merk van uitnemendheid vereer.

Alan Fourie, die kenner en hoofbeoordelaar, sê om die Produk van die Jaar-prys los te kon slaan, is elke vervaardiger se droom. “Die 600 g Woolworths Ayrshire Mozzarella is ’n uitsonderlike pizza-mozzarella wat hierdie prys waardig is. Dis ’n ferm en gladde kaas, met ’n effens romerige voorkoms, wat maklik rasper en perfek smelt. Die kaas se romerige, sagte en gekaramelliseerde geur is besonders.”

Robert Sudell, bedryfsbestuurder van RFG Foods, sê sy span is verheug om vir hierdie vlagskipproduk vereer te word. “Mozzarella vorm al vir langer as 25 jaar die kerngrondslag van RFG Foods,” sê Sudell. “Ons klein boetiekkaasspan, onder leiding van die kaasmaker Kerwick Boonzaaier, is ware kundiges. Hulle sny kaas met die hand as deel van ’n proses wat ondersteun word deur Italiaanse bestanddele en toerusting om mozzarella te maak wat gelykstaande aan die beste ter wêreld is.”

Suiwelkampioene 2023
’n Ayrshire mozzarella-kaas, wat spesiaal vir Woolworths deur RFG Foods gemaak word, is as die Suiwelproduk van die Jaar gekroon. V.l.n.r. is dr Tertius Cilliers, hoof uitvoerende beampte van Synercore, Robert Sudell, bedryfsbestuurder van RFG Foods, en Pieter van Wyk, president van Agri-Expo. Foto: Agri-Expo/Andrew Gorman Photography
Qualité 2023
Qualité-wenners: Altesaam 23 produkte is met die Qualité-merk van uitnemendheid vereer tydens die 2023 SA Suiweltoekennings op Donderdag 25 Mei 2023 by Eensgezind naby Durbanville. Foto: Agri-Expo/Andrew Gorman Photography

Suiwel-ererol: Agri-Expo vereer topkenner

Tydens die seremonie geleentheid het Agri-Expo die suiwelkenner Suzy O’Regan vir haar uitsonderlike en dinamiese leierskap in die melkbedryf vereer.

O’Regan, ’n produkontwikkelingsbestuurder vir Woolworths Food, is die tweede vrou wie se naam op die lys van staatmakers in die bedryf, die Agri-Expo Suiwel-ererol, verewig word. Sy is al langer as 20 jaar ’n beoordelaar by die suiwelkampioenskappe. Sy is ook ’n lid van ‘n paneel internasionaal-erkende kundiges by die World Cheese Awards.

“Agri-Expo het in 1992 besluit om die ererol in te stel om erkenning te gee aan bedryfsleiers se uitstekende bydrae tot melkprodulte,” sê Breyton Milford, hoofbestuurder van Agri-Expo “Hierdie eerbewys is oor 31 jaar aan slegs nege mense oorhandig wat op die uiters hoë vereistes vir die benoemings dui.”

O’Regan is genomineer vir haar besonderse bydrae tot die groei, ontwikkeling en langtermyn sukses van die SA Suiwelkampioenskappe.

Toekoms van melkbedryf

“Die Suid-Afrikaanse melkbedryf moet op innovering klem lê en voortdurend aanpas om tersaaklik te bly in ’n hoogs mededingende kommersiële en handelsomgewing.” Só sê dr Tertius Cilliers, ’n beoordelaar en hoofbeampte van Synercore, ’n beleggingsmaatskappy wat innovering in die voedselbedryf in Suider Afrika vooropstel.

“Ondanks die probleme wat die melkbedryf en in die algemeen as Suid-Afrikaners in die gesig staar, is hierdie gebeurtenis ’n herinnering dat verandering opbouend kan wees,” sê Cilliers. “Wat vanjaar inspirerend was, was die deelname van nuwe vervaardigers, innoverende produkinskrywings en beoordelaars wat vir die eerste keer deelgeneem het. Dit was fantasties om te ervaar hoe hierdie projek gegroei het tot ’n wêreldklasgebeurtenis.”

Volgens Milford getuig vanjaar se hoë aantal inskrywings en uitstekende resultate van ’n innoverende bedryf en gesonde mededinging tussen groter vervaardigers en kleiner entrepreneurs. “Baie geluk aan Fair Cape Dairies wat vyf Qualité-eerbewyse gewen het; Lactalis Suid-Afrika, wat vier Qualité’s verwerf het; De Pekelaar wat drie Qualité’s gewen het; Polar Ice Cream Company wat met twee Qualité’s bekroon is, asook al die ander wenners.”

Agri-Expo bedank die Platinum-vennoot Synercore sowel as al die ander vennote van die suiwelkampioenskappe vir hul verbintenis tot die ontwikkeling van die suiwelbedryf. 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.72
-0.2%
Rand - Pond
24.54
-0.4%
Rand - Euro
21.08
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.82
+0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.5%
Platinum
996.14
-1.7%
Palladium
1,366.08
-2.8%
Goud
1,962.88
+0.2%
Silwer
23.52
+1.4%
Brent-ruolie
73.54
-4.8%
Top-40
69,998
-1.3%
Alle aandele
75,068
-1.2%
Hulpbronne 10
67,512
+0.7%
Industriële 25
102,774
-2.9%
Finansiële 15
14,415
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Anti-gold digger !!!!
Rustig, ROOK nie, drink met geleentyd, en GEEN JOLLER. Werk vir myself(koop motors). Hou van Reis. Lyk en voel nie 51 nie, en nog baie aktief !!!
Kom ons skryf ons eie Roman
Ek is sag geaard baie liefde vol Goeie hart Hou nie van baklei nie Hou van tyd weg van huis af Hou van uit eet en lekker dans My familie en Kinders is my lewe
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot