
’n Gewilde instelling by die jaarlikse Nampo-Oesdag, die Boerepatente-kompetisie, is vanjaar vereenvoudig deurdat inskrywings slegs in drie afdelings deelgeneem het. Verlede jaar kon deelnemers hul patente in vyf afdelings inskryf. Meer pryse is wel vanjaar in die drie afdelings toegeken.
Altesaam 35 inskrywings is vanjaar ontvang en beoordeel indie kategorieë van Ope Afdeling, Huishoudelik en Masjinerie en Tegnologie. Die inskrywings het gewissel van ’n molvanger tot ’n hark met ’n baler.
Spesiale prys vir stropertafel
’n Spesiale prys is ook toegeken vir ’n uitsonderlike stropertafel. Mnr. Jan Grobler, van die plaas Unie in diedistrik Bothaville, se hidrouliese skuiftafel stel stropers in staat om ry-aanpassings te maak.
’n Spesiale oorkonde is aan twee oudstryders oorhandig vir hul deelname van langer as 20 jaar. Mnr. Chris Smit van Bothaville neem al 24 jaar lank aan die kompetisie deel, terwyl mnr. Willie Crous van Klerksdorp al 20 jaar daarbybetrokke is.
“Daar is sekerlik al oor die jare bewys dat die boerepatente-uitstalling by Nampo Park een van die grootste trekpleisters is. Ons het al in die 25 jaar duisende inskrywings ontvang van boere wat planne maak en vernuftigheid aan die dag lê,” het mnr. Maarten van Jaarsveld, bemarkingsbestuurder van Omnia, gesê. Mnre. Willie Crous, Louw Steytler, Chris Smit en Maarten van Jaarsveld. Foto: JOHAN NORVAL