Een van die treffende hommeltuigfoto’s in die fotojoernalis Marzahn Botha se boek Lafenis in die droogte is van ’n toegeslikte Nqwebadam buite Graaff-Reinet.
Sowat 43% van die dam is toegeslik. Volgens dr. Gideon Groenewald, hoofgeoloog van Gift of the Givers, is 75 000 dooie visse teen September 2019 uit die dam opgetel en weggery.
“ ’n Mens kon die droogte ruik … Saans het die wind in die riviervalleie afbeweeg. Jy kon nie meer leef op die dorp nie.” Nou, ná twee jaar, sê hy die waterprobleem op die dorp is opgelos.