Daar word dikwels verwys na die subsidies wat wit boere vroeër jare gekry het en die behoefte om weer subsidies in te stel om swart boere te help om deel van die kommersiële landbou te word.
In teenstelling met wat ekonomiese puriste glo, is subsidies teoreties regverdigbaar en word dit in byna alle lande ter wêreld toegepas. Die neiging is egter steeds dat landbousubsidies die praktyk in ryker lande is, terwyl boere in baie middelinkomste- en arm lande eerder deur onnodige koste belas word.
Die impak daarvan blyk duidelik uit dié lande se swak vertoning. In die strewe na ’n inklusiewe landbousektor en die regstelling van rasvooroordele uit die verlede is subsidies aan swart boere in Suid-Afrika regverdigbaar.