
Dié boom, algemeen bekend as die Oude Libertas Rondawel-boom, was ’n bekende baken op Distell se Adam Tas-perseel op Stellenbosch. Die boom is ’n paar jaar gelede afgesaag, maar die indrukwekkende stam het steeds oor die perseel gewaak.
Dit is egter gister, 15 Februarie, ontwortel deur die suidoostewind. ’n Motor het glo in die proses geringe skade opgedoen.
Luidens ’n plaatjie – wat nou onder die stam lê – is die boom in 1880 deur mnr. George Krige geplant. Hy het die Adam Tas-perseel besit voor dit deur mnr. William Winshaw, stigter van die destydse Stellenbosch Farmers Winery, ’n voorloper van die huidige Distell, gekoop is.
Die boom was op 14 September 1978 altesaam 30,11 m hoog, met ’n omtrek van 8,46 m by ’n punt een meter bo die grond.
Dit was ’n Myrtaceae eucalyptus (bloekom), wat inheems is aan Tasmanië.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.