AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Nasionale minimum loon in NV goedgekeur

akkreditasie
Foto: Fredalette Uys
Foto: Fredalette Uys
Ondanks waarskuwings van die Tesourie dat die gewysigde arbeidswetgewing wat die Regering wil instel ’n ekonomiese inkrimping van 2,1% en meer as 700 000 werksverliese kan meebring, is dit naelskraap in die Nasionale Vergadering goedgekeur.

Die wetsontwerp op die nasionale minimum loon, wat ’n basiese loon van R20 per uur voorstel (niemand in Suid-Afrika mag minder as dit verdien nie), asook die Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge en die Wet op Basiese Diensvoorwaardes sal nou voor die Nasionale Raad van Provinsies dien.

Gemengde reaksie

Die DA het teen hierdie wetsontwerpe gestem en aangevoer daar is nie behoorlike openbare verhore gehou nie en dat die wetgewing kan meebring dat duisende mense hul werk verloor.

Die kantoor van die ANC se hoofsweep het egter aangedui dat die aanvaarding van hierdie geskiedkundige wetgewing vir ’n minimum loon sal help om die miljoene kwesbare werkers te beskerm wat veel minder as R20 per uur verdien.

Die nasionale minimum loon sal ’n beter inkomste vir sowat 75% van alle werkers in die landbou beteken wat minder as R2 000 per maand verdien. Dit geld ook 90% van huiswerkers wat minder as R3 120 per maand verdien, sê mnr. Jackson Mthembu, hoofsweep van die ANC in die Parlement. “Dit verteenwoordig beduidende vordering om te verseker dat werkers teen ‘slaaflone’ beskerm word.”

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se woordvoerder vir arbeid, meen hoewel die minimum loon edel mag klink, sal dit die probleem van ongelykheid eerder vererger as verbeter. “Daar sal dringend na maniere gesoek moet word om die ekonomie te laat groei om te sorg vir werkloses wie se getalle ongetwyfeld aangevul sal word weens ’n minimum loon.”

Boere bystaan

Agri SA het weer eens die versekering gegee dat hy die leiding sal neem in verband met dié kwessie. Die organisasie raai ook belanghebbendes aan om waaksaam te wees oor die impak wat die nasionale minimum loon op finansieel kwesbare boerdery-ondernemings sal hê.

Mnr. Neil Hamman, voorsitter van Agri SA se arbeid- en ontwikkelingsentrum vir uitnemendheid, sê die landbousektor is baie ingewikkeld, veral as ’n mens in ag neem dat die meerderheid boerdery-eenhede as klein tot mediumgroot ondernemings (SME’s) beskou kan word. Baie van hulle teken reeds verliese aan weens ’n kombinasie van droogtetoestande en lae internasionale kommoditeitspryse.  

Die loon is egter ’n stap in die rigting van sekerheid. “Ons is dankbaar dat ons sektorale vasstelling steeds in plek is en verwelkom die aanstelling van die nasionale kommissie oor die minimum loon wat in die toekoms verantwoordelik sal wees vir die vasstelling van die nasionale minimum loon.”

Die implementeringsdatum van die minimum loon moet nog bepaal word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.12
+0.2%
Rand - Pond
22.38
+0.1%
Rand - Euro
19.68
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+0.9%
Platinum
960.37
+0.1%
Palladium
1,425.03
+0.6%
Goud
1,967.08
-0.3%
Silwer
23.28
-0.2%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,730
+0.4%
Alle aandele
76,318
+0.4%
Hulpbronne 10
66,533
+0.1%
Industriële 25
103,188
+0.8%
Finansiële 15
15,571
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek weet wat ek uit die lewe wil he
Om my te leer ken vat soms langer omdat ek n redelike groot introvert is. Ek is n stil mens, maar saam met die regte persoon kan ek ure lank n intelligente gesprek voer. Ek is...
Soek na iemand wat saam met my sal lag...
Vol skerp grappies, reg om iemand se dag op te helder, opsoek na my pasmaat wat saam met my kan lag en die lewe geniet. Hou daarvan om aktief te wees, crossfit en ry dan en wan...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot