AFGRI
BEAN
05 Des
-
9306,4
69,40
CORN
05 Des
-
4450,4
-60,60
SOYA
05 Des
-
10404,8
22,80
SUNS
05 Des
-
10750
-62,00
WEAT
05 Des
-
6787
-69,00
WMAZ
05 Des
-
4966
-43,00
YMAZ
05 Des
-
4853,8
-54,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Natuurramp dreig nadat dieselklep breek

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Diesel vloei teen duisende liter per minuut uit ’n gebreekte klep waar diewe gedurende die nag van 8 Maart tussen Harrismith en Verkykerskop uit Transnet se brandstofpypleiding tussen Durban en Heidelberg diesel kom steel het. Foto: Verskaf
Diesel vloei teen duisende liter per minuut uit ’n gebreekte klep waar diewe gedurende die nag van 8 Maart tussen Harrismith en Verkykerskop uit Transnet se brandstofpypleiding tussen Durban en Heidelberg diesel kom steel het. Foto: Verskaf
Duisende liter diesel het tussen Harrismith en Verkykerskop in die Meulrivier beland nadat dieseldiewe ’n klep op ’n Transnet-pypleiding gebreek het.

’n Maatskappy wat daarin spesialiseer om chemiese stortings op te ruim, is ingeroep om te help nadat duisende liter diesel tussen Harrismith en Verkykerskop in die Meulrivier beland het nadat dieseldiewe ’n klep op ’n Transnet-pypleiding gebreek het.

Dit is nie die eerste keer wat brandstofdiewe die pypleiding se kleppe oopbreek om vragmotors vol diesel te steel nie, dit gebeur deesdae nogal gereeld, sê mnr. Jan van Niekerk, ’n boer van die omgewing. Dit is ook nie ongewoon dat diesel in die proses vermors word nie, maar die skaal van die storting Dinsdagnag en Woensdagoggend is die ergste nog.

’n Vorige keer het die diesel in landerye in die omgewing ingeloop nadat ’n klep oopgelos is, vertel Van Niekerk. “ ’n Paar hektaar was onder diesel was en mens sal nooit weer daarop kan plant nie.”

Van Niekerk sê ’n Transnet-werker het al vir hom vertel dat die druk in die pypleiding wat diesel van Durban na Heidelberg vervoer, so hoog is dat dit ’n tenker van 18 000 liter binne vyf minute volmaak.

“Ons weet nie hoe laat die diewe toegeslaan het nie, maar toe ek Woensdagoggend om 07:30 die voorval aan Transnet rapporteer, het die diesel soos ’n fontein daar uitgespuit en in ’n stroom na die Meulrivier toe gevloei,” sê mnr. Niel Pienaar, Van Niekerk se buurman en veiligheidsverteenwoordiger van die Verkykerskop-boerevereniging.

Transnet se sekuriteit- en herstelspanne het hulle na die toneel gehaas en die lekkasie by die klep is afgeseël.

Me. Michelle Phillips van Transnet-pypleidings doen in ’n verklaring ’n beroep op die publiek om verdagte aktiwiteite langs die petroleumpypleidings aan te meld.

Dieselstorting Meulrivier
Die kleppe op die pypleiding is toegebou en bedek met betonblaaie van ses ton, vertel mnr. Jan van Niekerk, ’n boer van die omgewing. Dieseldiewe laat hulle nie daardeur stuit nie, hulle kom met die mannekrag en gereedskap om dit oop te maak. Foto: Verskaf

Veiligheid

Transnet het ook ruim bygedra tot ’n sekuriteitskamerastelsel wat deur boere in die omgewing langs die pypleiding opgerig is. Die kameras help, maar voertuie kom steel met vals nommerplate wat dikwels langs die pad met ander plate vervang word, sê Van Niekerk.

Boere is bekommerd oor hul veiligheid. Pienaar sê hulle waarsku hul lede om nie self te probeer om dieseldiewe te konfronteer nie. Van Niekerk, wat voorheen die voorsitter van Verkykerskop-boerevereniging was, sê een van hul lede het een aand onraad vermoed en met nagsigtoerusting ondersoek gaan instel waar die pyplyn oor sy plaas loop. Hy het gesien hoe van die diewe met outomatiese vuurwapens wagstaan, terwyl ander die tenkvragmotor vol diesel maak.

“Die mense weet wat hulle doen. Hulle het die regte gereedskap om kleppe oop en toe te maak. Iets moes skeefgeloop het dat hulle die klep gebreek het wat tot Woensdag se storting gelei het,” sê Van Niekerk.

Plaaslike leiers van opposisiepartye het met boere geskakel om die omvang van die ramp te bepaal en dit onder me. Barbara Creecy, ministervan bosbou, visserye en omgewingsake, se aandag te bring.

Me. Heloïse Denner van die Vrygheidsfront Plus het Creecy en mnr. Makalo Mohale, Vrystaatse LUR vir omgewingsake, skriftelik versoek om dringend in te gryp.

Creecy het glo dadelik mnr. Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, gekontak wat die kwessie met Transnet opgeneem het. In daardie stadium was Transnet se herstelspan reeds op die toneel, maar nog nie bewus van die groot hoeveelheid diesel wat in die rivier beland het nie.

Creecy het later laat weet dat daar versperrings oor die Meulrivier geplaas is om die diesel op die oppervlak te vang voordat dit in die Vaaldam beland. Die maatskappy Spill Tech is aangestel om die dieselstorting op te ruim.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.32
+1.3%
Rand - Pond
21.29
+0.2%
Rand - Euro
18.30
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.82
-0.3%
Rand - Jen
0.13
+0.7%
Goud
1,801.58
+0.2%
Silwer
23.16
+0.0%
Palladium
1,902.93
+0.2%
Platinum
1,022.00
+0.2%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
69,251
+1.5%
Alle aandele
75,387
+1.4%
Hulpbronne 10
75,099
+1.5%
Industriële 25
92,680
+1.2%
Finansiële 15
15,745
+2.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Passievolle lewenslustige omgee persoon.
Passievol en lewenslustige. Weet hoe om die lewe te geniet. Die lewe is hopeloos te kort vir drama. Bou die toekoms wat ek vir myself wil he. Baie om te bied aan die regte...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot