En, soos wyd verwag, sluit dit die uitkoop van plase in. Die regering het €24,3 miljard begroot om Nederland se stikstof-vrystellings teen 2030 met die helfte te verminder.
Dit beteken hy sal boere betaal om vrywillig op te hou boer, sodat die land nie die Europese Unie (EU) se omgewingswette oor die bekamping van ’n oormaat stikstof in natuurlike omgewings oortree nie.
Ministers het bevestig dat van 2 000 tot 3 000 plase en ander groot besoedelaars naby ekologies kwesbare plekke uitgekoop sal word, berig Dutch News.nl. “Inligting wat uitgelek het, dui daarop dat die boere met tot 120% van hul plase se waarde vergoed sal word, maar dit is nog nie deur die ministers bevestig nie.”