AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
Deel

Eskom: Tariefstyging ‘minder as verwag, maar steeds te veel’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Vida Booysen
Foto: Vida Booysen
Eskom se kragtariewe styg met meer as 18% op 1 April. Dit is aansienlik minder as waarvoor Eskom gevra het.

Die nasionale energiereguleerder, Nersa, het Donderdagmiddag sy besluit oor Eskom se tariefaansoek bekend gemaak en 18,65% goedgekeur, wat vanaf 1 April geld.

Eskom het in September gevra vir ’n verhoging van 32% in kragpryse. Die nutsmaatskappy het aangevoer die huidige tarief is nie genoeg om sy insetkoste te dek om krag op te wek nie.

Volgens Nersa is kommentaar oor Eskom se aansoek onder meer van die landbousektor ontvang.

Eskom het in dieselfde aansoek gevra vir ’n verdere verhoging van 22,5% vir 2024-’25, maar Nersa het slegs 12,74% toegestaan.

“Die besluit was besonders moeilik,” het mnr. Nhlanha Gumede, heeltydse reguleerder van Nersa, Donderdagmiddag gesê.

Nersa het verder gesê daar is hard probeer om ’n balans te kry tussen Eskom se behoeftes, bekostigbaarheid en die ekonomiese toestande wat verbruikers raak.

Die nuwe tarief geld vir ondernemings en direkte kliënte van Eskom en sluit nie munisipale kragpryse in nie.

Nersa het verlede jaar die bekendmaking van die 2023-’24 kragtariewe twee keer uitgestel en moes teen 24 Desember die nuutste kragtariewe bekend maak, maar het dringend by die hooggeregshof in Pretoria aansoek gedoen om uitstel.

Die hof het toe beslis Nersa moet sy besluit nie later nie as 12 Januarie bekend maak.

Die uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, mnr. Jannie Strydom, het in reaksie gesê hoewel die verhoging laer is as Eskom se aansoek, is 18,65% ondraaglik. “Dit is ’n drastiese styging aan tariewe vir kragvoorsiening wat uiters onbetroubaar is. Verbruikers betaal dus meer vir minder krag.”

Hy sê die organisasie het tydens die openbare verhoor pertinent beklemtoon dat landbou nie ’n tariefverhoging bo inflasie kan bekostig nie. “Landboubedrywe se energiebehoeftes bly dieselfde ongeag die elektrisiteitstarief. Produsente word nou genoop om in alternatiewe elektrisiteitsbronne te belê, wat enorme kapitaal verg.

“Voedselsekerheid kan nie alleenlik op die skouers van produsente rus nie. Voedselproduksie is tans onder geweldige druk, en besluitnemers sal die erns van die saak moet besef. Dringende ingryping is nodig.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.83
-0.2%
Rand - Pond
22.10
-0.1%
Rand - Euro
19.44
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.96
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Platinum
985.84
+1.8%
Palladium
1,477.59
0.0%
Goud
1,981.66
+0.1%
Silwer
23.86
-0.2%
Brent-ruolie
79.27
+1.3%
Top-40
71,089
0.0%
Alle aandele
76,705
0.0%
Hulpbronne 10
67,517
0.0%
Industriële 25
103,222
0.0%
Finansiële 15
15,634
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die is nie vir bang dames nie, Is jy dapper of mal genoeg ?
Ek loop nie graag heeldag my eie beeld en polish nie, ek verkies dat mense my leer ken en dan self besluit hoekom hulle van my hou of nie hou nie. Nie een van ons is perfek nie,...
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot