AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
10116
0,00
CORN
20 Mrt
-
4609
0,00
SOYA
20 Mrt
-
9375
0,00
SUNS
20 Mrt
-
10040
0,00
WEAT
20 Mrt
-
6639
0,00
WMAZ
20 Mrt
-
4153
0,00
YMAZ
20 Mrt
-
4201
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Nersa-verhogings ‘blatante plundery’, sê VL

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Amelia Genis
Ter illustrasie. Foto: Amelia Genis
Die nasionale energiereguleerder, Nersa, het Donderdagmiddag aangekondig ’n verhoging van 18,65% in Eskom se kragtariewe geld vanaf 1 April.

Eskom het in dieselfde aansoek gevra vir ’n verdere verhoging van 22,5% vir die 2024-’25-boekjaar, maar Nersa het 12,74% vir dié boekjaar toegestaan.

“Die verhogings is hoogs onbekostigbaar en kom op blatante plundery neer,” meen mnr. Kempen Nel, besproeiingsboer en voorsitter van Vrystaat Landbou se komitee vir kommersiële sake.

“Munisipaliteite wat Eskom miljarde skuld – R56 miljard waarvan die grootste gedeelte vanuit die Vrystaat kom – bly die grootste sondaars, maar hulle word toegelaat om hul herverkoopsheffings op Eskomkrag met dieselfde persentasie te verhoog.

“Dit is ’n verdere doodskoot vir inwoners van landelike gebiede. Vrystaat Landbou, deur Agri SA as vriend van die hof, staan die Suid-Afrikaanse vereniging vir plaaslike regerings (Salga) se hofaansoek teen dat munisipaliteite die herverkoopsdiensverskaffers moet word in landelike gebiede waar Eskom reeds direk aan boere krag verkoop.”

Nel sê Vrystaat Landbou het in sy voorleggings aan Nersa lankal gewaarsku dat landelike huishoudings en nie-energie-intensiewe boerderye die drumpelpunt vir oorskakeling na alternatiewe energiebronne bereik het.

“Verder is ’n massiewe bedrag deur boere bestee vir ondersteuningsoplossings waar nie sonder energie gegaan kan word nie, soos veiligheidstoestelle of om melktenke, pakhuiskoelkamers en vrieskaste vir bewerkte vleis, koel te hou sodat voedsel vars en gesond gehou kan word vir die verbruiker.

“Boere bly prysnemers en die toename in onbeplande, gedwonge uitgawes weerhou beleggings in nuwe tegnologie en toerusting om boerderye doeltreffender en volhoubaar, asook voedsel meer bekostigbaar te maak.”

Hy sê Eskom se toenemende onbetroubaarheid raak veral besproeiingsboerdery op ’n kritieke groeiperiode wanneer deur die nag besproei moet word.

“Sonkrag kan gedurende die dag gebruik word, maar die batterye om alternatiewe energiebronne, of self Eskom se krag, op te berg vir wanneer dit benodig word, bly onbekostigbaar.

“Benewens die belaglike kosteverhoging van krag is die onbetroubaarheid van kragvoorsiening ’n verdere groot gevaarlig vir voedselsekerheid.”

Mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, sê die verhoging is ’n slag vir die landbousektor. “Voeg daarby die stygings in rentekoerse die afgelope twee jaar, stygings in verskepings-, verpakkings-, kunsmis- en dieselkoste, verhoogde uitgawes ten opsigte van die aankope van kragopwekkers, sonkragstelsels, sekuriteitskameras en ander uitgawes, kom die volhoubaarheid van landbou onder toenemde druk.

“Verder is dit een ding om van verbruikers te verwag om 18,65% op te dok, maar wat van die R60 miljard wat munisipaliteite en Soweto aan Eskom skuld? Beurtkrag het ook ’n verwoestende impak op baie boere se produksie. Gaan ’n 18,65% ’n oplossing vir hierdie krisis bied?”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.56
-0.2%
Rand - Pond
22.67
+0.3%
Rand - Euro
19.98
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.38
+0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
972.21
-1.2%
Palladium
1,397.84
-1.3%
Goud
1,940.50
-1.9%
Silwer
22.39
-0.7%
Brent-ruolie
73.79
+1.1%
Top-40
68,799
0.0%
Alle aandele
74,271
0.0%
Hulpbronne 10
65,660
0.0%
Industriële 25
99,818
0.0%
Finansiële 15
15,066
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot