Weens die omvang van die misdaad is daar ’n versoek dat die Valke as ondersoekeenheid betrokke moet raak.
Private ondersoekers, lede van landelike beveiliging en die polisie het pas weer gesteelde mielie- en sonneblomsaad ter waarde van bykans ’n halfmiljoen rand by ’n boer naby Stella in Noordwes gevind.
Mnr. Jurg Kruger, ’n private ondersoeker van die Suid-Afrikaanse poligraaf- en ondersoekdienste (Sapis), sê die sindikaat bestaan uit Suid-Afrikaners en Mosambiekers en is al ’n paar jaar besig met hul bedrywighede in veral die Vrystaat en Noordwes.