AFGRI
BEAN
06 Jun
-
9643
0,00
CORN
06 Jun
-
4627
0,00
SOYA
06 Jun
-
7760
0,00
SUNS
06 Jun
-
8228
0,00
WEAT
06 Jun
-
6630
0,00
WMAZ
06 Jun
-
3704
0,00
YMAZ
06 Jun
-
3816
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

‘Niks soets aan Godongwana se begrotingspraatjies’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Suid-Afrika se suikerbedryf het al bykans 25 000 werkgeleenthede verloor as gevolg van die suikerbelasting, oftewel die gesondheidsbevorderingsheffing. Foto: Lloyd Phillips
Suid-Afrika se suikerbedryf het al bykans 25 000 werkgeleenthede verloor as gevolg van die suikerbelasting, oftewel die gesondheidsbevorderingsheffing. Foto: Lloyd Phillips
Die minister van finansies se mediumtermynbegroting laat grotendeels ’n bitter nasmaak by die SA Rietkwekersvereniging, wat baie suikerrietboere verteenwoordig.

Die enigste soet is die besluit van mnr. Enoch Godongwana om miljarde toe te ken vir die herstel van KwaZulu-Natal se vloedskade aan vervoerinfrastruktuur. Baie van dié provinsie se suikerrietkwekers het deurgeloop onder die vloede van April vanjaar.

Die vereniging se uitvoerende hoof, dr. Thomas Funke, het gesê hy is teleurgesteld dat Godongwana versuim het om enige aanduiding te gee oor die toekoms van die omstrede suikerbelasting. “Dit is ’n bestaanskwessie vir Suid-Afrika se suikerrietverbouingsbedryf en breër suikerwaardeketting... Die werksonderdrukkende suikerbelasting gaan voort om die suikerbedryf se groei en bydrae tot Suid-Afrika se ekonomie te smoor.”

Hy het weer verwys na statistieke deur die nasionale ekonomiese ontwikkelings- en arbeidsraad (Nedlac) dat in die eerste jaar ná sy ontstaan in April 2018, die regering se belasting op suikerversoete drankies die suikerbedryf meer as 16 000 werkgeleenthede gekos het. Meer onlangse statistieke deur die drankvereniging van Suid-Afrika dui daarop dat werkverliese weens die suikerbelasting nou sowat 25 000 kan wees.

Die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP) wys in sy jongste navorsing dat indien die belasting op sy huidige vlak gehandhaaf word, Suid-Afrika oor die volgende tien jaar bykans nóg 16 000 werkgeleenthede sal kwyt wees, en die suikerrietaanplantings kan met 46 000 ha verminder.

“Erger nog, gegrond op die begrotingstoespraak in Februarie vanjaar, blyk dit dat die belasting verhoog kan word, die drempel vir die belasbare suikerinhoud van drankies kan verder verlaag word, en dit kan na vrugtesappe uitbrei. Dit is hoofsaaklik kleinskaalse suikerrietkwekers en landelike gemeenskappe wat die swaarste getref sal word.” Die vereniging het reeds gesprekke met die presidensie en tesourie aangevoor oor die negatiewe impak van die “verwoestende” suikerbelasting. “En ons sal hierdie pogings voortsit, veral in die lig van die minister se voornemens om die vernietigende belasting te verhoog.”

Funke sê die suikerbedryf kan maar net hoop dat Godongwana se versuim om na die suikerbelasting in sy begrotingsrede te verwys ’n aanduiding is dat die voorgestelde verhoging nie in klip gegiet is nie, en dat die regering uiteindelik sal instem tot die bedryf se versoeke om die “vernietigende suikerbelasting” heeltemal te laat skrap.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.24
+0.2%
Rand - Pond
23.95
+0.1%
Rand - Euro
20.63
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.82
-0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
1,030.68
+2.6%
Palladium
1,416.17
-1.4%
Goud
1,959.72
-0.1%
Silwer
23.59
+0.1%
Brent-ruolie
76.71
+0.8%
Top-40
71,422
0.0%
Alle aandele
76,603
0.0%
Hulpbronne 10
69,348
0.0%
Industriële 25
103,842
0.0%
Finansiële 15
14,979
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wanted - best friend, lover and everything else
Enjoy the normal stuff like music, cooking together and whilst I am a tactile person - I also believe that we must be able to have our own 'me' time. Prefer private...
Let see what happens
Mense mens, ek is altyd positief doen en gee die beste as wat ek kan. Enkel mamma van twee wonderlike dogtertjies en soek meer kinders. Ek is baie lief vir kinders
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot