Mnr. Mortlan Kiewiets (33) is die betrokke aanklaer wat na bewering ook ’n staatsmotor gebruik het om die beweerde gesteelde vee te vervoer. Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) sê hy gaan tugstappe doen en het reeds ’n kennisgewing van ’n beoogde skorsing aan Kiewiets gestuur.
Mnr. Livingstone Sakata, direkteur van die openbare vervolgings in die Noord-Kaap, het vroeër gesê hulle skroom nie om teen korrupte personeel op te tree nie.
Mnr. Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder, sê hy mag nie die naam van die aanklaer bekend maak nie totdat hy gepleit het. “Sy naam is nie ’n geheim nie, maar protokol moet gevolg word. Die aanklaer is saam met vier ander mense van betreding en die diefstal van drie skape van R15 000 aangekla. Die skaap, bekend as melkskaap, word spesifiek deur die klaer se familie geteel.”