
Die ministers wat die leisels hou van die landbou en grondsake in Suid-Afrika, mnre. Senzeni Zokwana en Gugile Nkwinti, is genooide sprekers op Agri SA se kongres.
Die kongres begin Donderdag, 16 Oktober by Centurion in Gauteng, en duur tot Vrydag. Die tema is: Gesinsboerdery binne ’n transformerende samelewing.
Mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling Grondhervorming, praat Donderdag oor die Regering se beleid oor grondhervorming. Dit is nadat Agri SA sy voorstelle vir grondhervorming en die pad vorentoe aan die kongres voorgehou het. Dié verslag is opgestel deur Agri SA se tegniese taakspan oor grondhervorming.
Mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, praat Vrydag en sy tema is die Regering se visie vir die landbou.
Benewens die twee ministers is die direkteur-generaal van Landbou, dr. Edith Vries, ook een van die genooide sprekers.
* Landbou.com sal nuus oor die kongres publiseer.