AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Noord-Kaap: R31-roete weer gesluit

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dié gedeelte van die R31-roete is vroeër vandag deur die Noord-Kaapse departement van paaie en openbare werke gesluit nadat opgedamde rioolwater weerskante van die pad se watervlak weens reën met 200 mm gestyg en water oor die pad en padwerke gespoel het.  Foto: Verskaf
Dié gedeelte van die R31-roete is vroeër vandag deur die Noord-Kaapse departement van paaie en openbare werke gesluit nadat opgedamde rioolwater weerskante van die pad se watervlak weens reën met 200 mm gestyg en water oor die pad en padwerke gespoel het. Foto: Verskaf
Swaar reën en ’n jare lange probleem met rioolwater het tot die sluiting van ’n deel van die R31 in die Noord-Kaap gelei.

Pas nadat een gedeelte van die R31 tussen Koopmansfontein en Middelpos ná gedeeltelike herstelwerk vir verkeer oopgestel is, is ’n ander gedeelte tussen Barkly-Wes en Kimberley weens reënskade gesluit.

Die sluiting beteken dat ’n mens tussen Barkly-Wes en Kimberley nou Windsorton om moet ry. Benewens die ompad, is net een rybaan by die oopgestelde deel tussen Koopmansfontein en Middelpos oop en ’n stop-en-rybeheerstelsel geld. Motoriste moet daarom nóg bykomende reistyd inreken.

Die R31, ’n belangrike ekonomiese roete vir die landbou-, mynbou- en toerismesektore, gaan mettertyd aan Sanral oorgedra word.

Me. Crystal Robertson, woordvoerder van die Noord-Kaapse departement van paaie en openbare werke, sê die padgedeelte is vroeër vandag weens vloede gesluit. Die departement se padwerke om die padgedeelte met 1,5 m te lig, het weens die oorspoeling tot stilstand gekom.

Op die betrokke gedeelte word die pad bedreig deur ’n reuse-riooldam wat aan weerskante opdam. Die rioolwater lek reeds jare uit gebreekte pompe en die riool- en varswaterpypnetwerk van die Sol Plaatje-munisipaliteit.

“Ons span het gister die watervlak dopgehou en gesien hoe dit binne ure teen Sondagaand met 200 mm gestyg het. Motoriste word aangeraai om die MR913-roete na Windsorton, wat by die N12- aansluit, as ompad te gebruik,” sê sy.

Die jongste sluiting kom nadat ’n ander gedeelte van die R31 tussen Daniëlskuil en Middelpos gedeeltelik herstel is nadat dit einde Maart vir twee weke gesluit was om bestaande slaggate en reënskade aan die padoppervlak te herstel.

Aanhoudende reën het langs die pad opgedam en gedeeltes verspoel wat dit onbegaanbaar gemaak het.

Volgens Robertson wou hulle die herstelde padgedeelte tussen Daniëlskuil en Middelpos vroeër oopstel nadat die herstelwerk gedoen is, maar aanhoudende reën het hulle gekortwiek. Die opgedamde reënwater word intussen weggepomp.

“Die padgedeelte is op 12 April weer oopgemaak, hoewel net een baan gebruik kan word en ’n stop-en-ry-beheerstelsel in werking is Die kontrakteurs sal later, sodra ons die vereiste permit bekom, rotse wegskiet sodat reënwater wat die pad verspoel na ’n nabygeleë waterstroom gelei word. Telkom moet ook betrek word omdat daar telefoonlyne op die betrokke gedeelte is. Dié gedeelte is nie naby die rybaan nie. Ons pomp die water nou na die waterstroom totdat ons die permit bekom om te kan skiet.”

Rioolprobleem kry aandag op hoë vlak

Intussen sê me. Delmaine Christians, DA-LP, dat hul pleidooie oor die gedeelte van die pad wat deur die riooldam bedreig en waar padwerke gedoen word, vrugte afgewerp het.

“Ons volgehoue druk op die nasionale en provinsiale regering het die adjunk-president (mnr. David Mabuza) genoop om aandag aan probleem te gee. Die provinsiale uitvoerende raad het ’n interdepartementele komitee saamgestel, onder voorsitterskap van die LUR'e vir paaie en openbare werke asook vervoer en veiligheidskakeling om die hoofoorsake van die rioolstorting in die omliggende Platfontein-gebied te ondersoek. Hulle moet die omvang van die skade vasstel en ’n kosteberekeningsplan indien met aanbevelings oor hoe die probleem opgelos moet word. Hulle moet ook met die departement van water en sanitasie saamwerk.

“Ons hoop die onderneming deur die interministeriële komitee oor water en sanitasie, onder voorsitterskap van die adjunk-president, gaan verseker dat dié langdurige probleem opgelos word.”

Sy sê die rioollekkasie is in 2016 aangemeld “toe dit nog net ’n klein poel en nie eens van die pad af sigbaar was nie. Destyds is gesê die water vloei uit die Gogga-pompstasie wat buite werking was. Dit is ses jaar later en die water het tot weerskante van die pad opgedam. Dit het gebeur ondanks die strafregtelike klagte wat teen die munisipale bestuurder aanhangig gemaak is, ’n ondersoek deur die Groen Skerpioene en die talle beloftes deur die Sol Plaatje-munisipaliteit en die provinsiale regering.

“Die riooldam is ’n gesondheidsgevaar wat die inwoners van Platfontein bedreig. Die geleidelike ineenstorting van padinfrastruktuur sal die ekonomie duur te staan kom. Die riool is ook ’n risiko vir motoriste, waarvan sommige reeds ná ongelukke in die water beland het. Die DA sal die R31 aanhou moniteer totdat die rioolwater opgedroog het,” sê sy.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.17
-0.9%
Rand - Pond
20.72
-0.3%
Rand - Euro
17.88
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.53
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom. Ons skryf ons eie roman
Ek is Baie pisetiewe men's wat Al's Kan bied wat jy nie het nie kook goed braai leke kuier leke maak die beste koffie in die oggend
Opsoek na nuwe avonture
Ek is spontaan en iemand wat nie bang is om die lewe ten volle te geniet nie. Is 'n verantwoordelike mens en stel ander se belange altyd op die hart. Is baie lief vir kos...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot