Noord-Kaapse gemeenskappe se regte is geskend omdat hulle nie geken is in die besluit om die Vaalputs-kernafvalterrein naby Springbok uit te brei om ook hoëgraad vloeibare kernafval op te berg nie.
Só sê mnr. Khulekani Magwaza, koördineerder van die Suider-Afrikaanse geloofsgemeenskappe se omgewingsinstituut (Safcei).
Safcei het verlede maand uitgevind die gemeenskap is uitgesluit by planne om Vaalputs-kernafvalterrein uit te brei. Vaalputs, waar laegraad soliede afval opgeberg word, is in 1978 gebou.