AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Nuwe akademie lei boere en studente op

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Seremoniële oorhandiging van akademiese togas het met die aankondiging van die MSD Dieregesondheidsakademie gepaard gegaan. Mnr. Johann Stassen (middel, besturende direkteur van i3A), het die oorhandiging aan dr. Alan Kloeck (links), MSD se hoofbestuurder vir Suid-Afrika en Afrika suid van die Sahara, en mnr. Jacques van Rensburg, nasionale opleidingsbestuurder oor herkouers van MSD, gedoen. Foto: Charl van Rooyen
’n Seremoniële oorhandiging van akademiese togas het met die aankondiging van die MSD Dieregesondheidsakademie gepaard gegaan. Mnr. Johann Stassen (middel, besturende direkteur van i3A), het die oorhandiging aan dr. Alan Kloeck (links), MSD se hoofbestuurder vir Suid-Afrika en Afrika suid van die Sahara, en mnr. Jacques van Rensburg, nasionale opleidingsbestuurder oor herkouers van MSD, gedoen. Foto: Charl van Rooyen
’n Ooreenkoms is tussen die dieregesondheidsmaatskappy MSD en die International Agricultural Academy for Africa (i3A) onderteken om boere en studente in dieregesondheid op te lei om ’n nasionale sertifikaat of diploma te bekom.

Die twee liggame het die aankondiging pas in Muldersdrif, Gauteng, gedoen waar meer besonderhede van die gestigde, geakkrediteerde MSD Dieregesondheidsakademie bekend gestel is waardeur boere en landboustudente reg oor Afrika bemagtig sal word.

Mnr. Jacques van Rensburg, nasionale opleidingsbestuurder oor herkouers van MSD, het gesê die maatskappy het die afgelope paar dekades baie mense by sy Malalane-akademie opgelei, maar nou neem die opleiding ’n groot stap verder met ’n aangepaste leerplan.

Mnr. Johann Stassen, besturende direkteur van i3A wat in Bloemfontein gesetel is, het gesê ’n droom het waar geword. Die eenjaarkursus vir ’n landbousertifikaat en ’n ekstra jaar om ’n diploma te verwerf, sal aanlyn aangebied en met praktiese opleidingsessies aangevul word. Dit kan mettertyd tot ’n vierjaar-graadkursus uitgebou word.

Dr. Alan Kloeck, MSD se hoofbestuurder vir Suid-Afrika en Afrika suid van die Sahara, het gesê die nuwe akademie neem opleiding tot ’n baie hoër vlak. “Dit is die begin van iets groot.” Benewens die formele kwalifikasies bied hulle ook kortkursusse in skaap- en beesgesondheid en biosekerheid aan.

i3A se oogmerk is om praktiese, bedryfsgerigte kennis en vaardighede oor te dra. Hy het in 2021-’22 reeds meer as duisend studente en boere in Afrika opgelei. Die ontstellende feit is dat 30% van opkomende boere se vee vrek weens ’n gebrek aan kennis oor dieregesondheid, biosekerheid en die verkeerde hantering en gebruik van medisyne.

Aansoeke vir die eerste inname van die akademie sluit op 31 Januarie, maar daar sal elke ses maande ’n nuwe inname wees. Die koste vir die volle kursus beloop R28 000 wat as volg saamgestel is: registrasiegeld van R2 000 gevolg deur twee betalings van R13 000 elk per semester. Om dit meer bekostigbaar te maak, kan die registrasiegeld van R2 000 gevolg word deur tien maandelikse debietorderbetalings van R2 750 elk.

Vir die verwerwing van ’n nasionale sertifikaat met spesialisasie in dieregesondheid op NKR vlak 4 konsentreer die kurrikulum op onder meer basiese rekenaar- en kommunikasievaardigheid, toegepaste wiskunde en statistiek, landbouwetenskap, landboubestuur en -ekonomie, dierewetenskap en dieregesondheid en biosekerheid.

Vir die verwerwing van ’n nasionale diploma (NKR vlak 5-kwalifikasie) kan die student vir ’n tweede jaar inskryf waartydens toegepaste wiskunde en statistiek, dierewetenskap, dieregesondheid en -biosekerheid en landboubestuur en -ekonomie op ’n gevorderde vlak toegelig word.

’n Nasionale sertifikaat in landbouverkope en -dienste op NKR vlak 4 word ook as ’n volledige kwalifikasie aan verkoopspersoneel aangebied.

Verskeie praktiese, kort vaardigheidskursusse in dieregesondheid word landswyd aangebied.

Vir meer besonderhede oor die modules en hoe om aansoek te doen, gaan na www.msd.i3a.africa, of stuur ’n epos aan info@msd.i3a.africa, of skakel 051 444 0201.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot