AFGRI
BEAN
06 Des
-
9476,8
134,80
CORN
06 Des
-
4440,4
21,40
SOYA
06 Des
-
8952
39,00
SUNS
06 Des
-
10600
-46,00
WEAT
06 Des
-
6707
-91,00
WMAZ
06 Des
-
4824
-60,00
YMAZ
06 Des
-
4758
-41,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Nuwe baadjie vir Agri-Expo se inligtingsdae

akkreditasie
'n Groep boere tydens 'n vorige inligtingsdag, nou bekend as Agri-Expo se Siyabonga-dae. Foto: Verskaf
'n Groep boere tydens 'n vorige inligtingsdag, nou bekend as Agri-Expo se Siyabonga-dae. Foto: Verskaf
Die Agri-Expo-inligtingsdae wat jaarliks tydens Agri-Expo Livestock buite Stellenbosch aangebied word, staan nou as Siyabonga-dae bekend. Dié geleenthede vind nou ook in verskillende streke plaas en sal regstreeks uitgesaai word sodat boere van oral oor daaraan kan deelneem.

Die inligtingsdae was oor baie jare van die suksesvolste platforms tydens Agri-Expo Livestock en daarom is hulle opgewonde om die Siyabonga-dae nou na die boere toe te neem, sê mnr. Johan Ehlers, uitvoerende hoof van Agri-Expo.

“Die Covid-19-pandemie het baie landbougeleenthede aan bande gelê. Dit is nie maklik om innoverende maniere te bedink om die landbougemeenskap te bereik, maar dit is presies wat ons met die Siyabonga-dae doen. Ons moet aanpas en die geleenthede benut wat tegnologie ons bied, maar ons moet ook mense op grondvlak bereik.

“Hoekom Siyabonga? ‘Siyabonga’ beteken dankie en wat is meer gepas as om vir die landbou en die boere van Suid-Afrika dankie te sê in ’n tyd waar die landbou so baie vir ons land beteken. Dit is ook ’n akroniem vir ‘Sharing Information to improve Yields in Agriculture for a Better-Off Next Generation of Agriculturalists’."

Agri-Expo se inligtingsdae word sedert 2014 met die samewerking van die Wes-Kaapse departement van landbou aangebied. Hierdie sewe jaar lange vennootskap is ’n bewys van hoe die staat en private sektor saam kan werk om boere te bemagtig, sê dr. Mogale Sebopetsa, hoof van dié departement."

As die Wes-Kaapse departement van landbou is ons hier om die landbousektor te dien. Die landbousektor is die sonskynsektor wat die sleutel is tot die ekonomiese herstel van nie net die Wes-Kaap nie, maar ook van Suid-Afrika.

“Ons wil graag die nodige ondersteuning bied aan ons boere om produktiwiteit te verbeter en voedselsekerheid te verseker. Die Siyabonga-dae skep ’n uitstekende platform om nou meer mense te bereik as in die verlede. Ons sien daarna uit om weer met Agri-Expo saam te werk.”

Die eerste drie Siyabonga-dae vind in Beaufort-Wes, Grassy Park en Clanwilliam plaas. Weens die beperkinge op getalle kan slegs ’n beperkte aantal boere genooi word om die geleenthede by te woon, maar boere en belangstellendes kan gratis aanlyn inskakel, vrae vra en deel wees van die gesprekke deur by www.foodformzansi.co.za/siyabonga-registration/ te registreer.

Beaufort-Wes Siyabonga-dag: Vrydag 2 Oktober, 10:00-13:00

Tema: Bestuur en voedingsbeginsels om droogtes te oorkom, asook vennootskapgeleenthede in die Karoo.

Sprekers: Dr Louis du Pisani, ’n kenner van droogtetoestande, en mnr. Hans Greeff, ’n dosent verbonde aan die Grootfontein-landboukollege.

Grassy Park Siyabonga-dag: Vrydag 9 Oktober, 10:00-13:00

Tema: Kleinskaalse boere in ’n stedelike omgewing.

Sprekers: Mnr. Leon Kruger, skrywer van die boek Boer met Kleinvee, mnr. Donald Mouton, plaasbestuurder van Fairview in die Paarl, en me. Carol Kirkwood Pretorius, ’n bekroonde vroueboer van die Ceres Karoo.

Clanwilliam Siyabonga-dag: Vrydag 16 Oktober, 10:00-13:00

Tema: Raad oor gemengde boerdery.

Sprekers: Mnr. Niklaas Slinger, rooibosboer.

Kontak Agri-Expo by 021 975 4440 of admin@agriexpo.co.za vir nog inligting, besoek www.agriexpo.co.za en www.livestock.org.za, en volg Agri-Expo op sosiale media.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.44
+0.1%
Rand - Pond
21.26
+0.1%
Rand - Euro
18.29
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.72
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.4%
Goud
1,770.36
+0.1%
Silwer
22.34
+0.4%
Palladium
1,890.00
+0.7%
Platinum
997.00
-0.3%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,606
+0.1%
Alle aandele
74,778
+0.1%
Hulpbronne 10
74,329
-0.6%
Industriële 25
91,729
+0.3%
Finansiële 15
15,722
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
See,Bosveld en Kamp
My geloof is vir my baie belangrik, is spontaan, het ñ goeie sin vir humor. Reik uit na mede gelowiges en minder bevoorregtes. Ek is ñ baie liefdevolle persoon.
Tot die einde.. deur goed en sleg...
EK DINK EK IS VRIENDELIK, BAIE LIEFDE OM TE GEE, N MENSE MENS EN LEWE OM N PERSOON OP MY HANDE TE DRA EN N MAAT TE HE. EK GLO IN EERLIKHEID, OPREGTHEID EN GLO IN WAARDES. EN EK...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot