“Die manne is nou vuurwarm,” sê Prinsloo laggend toe hy vertel dat die nuwe boere vandeesweek vir die eerste keer self gaan kyk het hoe BKB se wolveiling werk. Hulle het al voorheen ook daar van hul wol verkoop, maar kon nie self gaan kyk nie.
’n Paar van Prinsloo se werkers het vroeër vanjaar ná onderhandelings van ses jaar die titelakte vir die plaas Donkerhoek by Smithfield ontvang. Dié plaas is deur Prinsloo ingevolge ’n staatskema aan sy eie werkers verkoop.
Hy sê die nuwe eienaars het R139,10/kg vir wol van 17,3 mikron en ’n skoonopbrengs van 74,6% ontvang, asook R138,00/kg vir hamelwol van 18,4 mikron en ’n skoonopbrengs van 73,5%.