AFGRI
BEAN
01 Des
-
9254
0,00
CORN
01 Des
-
4488,27
0,00
SOYA
01 Des
-
10408
0,00
SUNS
01 Des
-
11094
0,00
WEAT
01 Des
-
6646
0,00
WMAZ
01 Des
-
5183
0,00
YMAZ
01 Des
-
4995
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Nuwe grondhof: Stadige grondhervorming nie howe se skuld

akkreditasie
Foto: Fredalette Uys
Foto: Fredalette Uys
Die hof vir grondeise kan nie geblameer word vir die stadige pas van grondhervorming nie, meen kenners wat kommentaar ingedien het op die wetsontwerp op die grondhof.

Die grondhof sal kwessies oor uitstaande restitusie-eise – ook dié van plaaswerkers en -bewonders – aanhoor en ook ingespan word om kwessies rakende onteiening met nulvergoeding aanhoor. Hierdie nuwe hof, wat die hof vir grondeise sal vervang, sal gelykstaande wees aan ’n hooggeregshof en sal heeltydse regters hê. In die aanhef van die wetsontwerp word daarop gesinspeel dat duur en uitgerekte hofgedinge ’n aandeel in die stadige pas van grondhervorming het en daarom moet ’n gespesialieerde, goed toegeruste, toeganklike en vaartbelynde beoordelingstrukture grondkwessies kan aanhoor.

Agri SA sê in sy kommentaar dat erken moet word dat die stadige pas van grondhervorming nie deur die hof vir grondeise veroorsaak is nie, maar eerder deur die swak toepassing van beleide, onvoldoende begrotings en korrupsie met grondhervormingsprogramme.

’n Groep vooraanstaande akademici en regspraktisyns wys in hul kommentaar uit dat die aanhef verwys na die stadige pas van grondhervorming en die hof van grondeise blameer vir uitgerekte litigasie.

Die groep bestaan uit proff. Elmien du Plessis, grondhervormings- en eiendomsregkenner van die Noordwes-Universiteit, Thuli Madonsela, voorsitter van die regsfakulteittrust vir maatskaplike geregtigheid aan die Universiteit van Stellenbosch, Juanita Pienaar, professor in privaatreg aan die Universiteit van Stellenbosch en mnr. Johan Lorenzen van Richard Spoor Prokureurs.

Die groep meen dat die verwysing in die aanhef die aandag aftrek van die feit dat howe nie die skuld vir die stadige pas van grondhervorming moet kry nie. Howe beoordeel individuele sake soos hulle voor die howe kom. Die uitvoerende gesag en die wetgewer het tot dusver die vryheid gehad om beleid, strukture en instellings daar te stel om grondhervorming op ’n beslissende manier te hanteer, insluitend om die verwerking van eise te bespoedig. Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling probeer sy verantwoordelikheid ontduik deur die howe te blameer.

Nodigheid vir nuwe hof

Agri SA sê daar is redenasies vir en teen die stigting van ’n nuwe grondhof omdat ’n hof vir grondeise reeds bestaan wat jurisdiksie het oor restitusie-eise, kwessies rakende huurarbeiders en kwessies wat spruit uit die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg (Wet 62 van 1997). Dit is duur om ’n nuwe hof te skep.

Dit is belangrik om duidelik te wees oor wat die mislukkings van die hof vir grondeise is en die redes daarvoor. Die nuwe hof sal oorlaai wees met alle sake wat voorheen deur die hof vir grondeise, landdroste en sake in die hooggeregshof ingevolge die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onregmatige Besetting van Grond (Wet 19 van 1998) aangehoor is. Sulke sake sal nou onder die eksklusiewe jurisdiksie van die grondhof val.

Agri SA voorsien dat restitusiesake nie meer as 20% van die totale hoeveelheid sal wees nie, maar dat hulle kompleks is en die verhore dus uitgerek sal wees.

Agri SA wys verder uit dat die hof vir grondeise sy magte grootliks verkry het en bedryf het ingevolge die Wet op die Herstel van Grondregte (Wet 22 van 1994). Die nuwe grondhof sal ’n meer uitgebreide jurisdiksie hê. Dit sal daarom goeie praktyk wees om die algemene magte en administrasie van die grondhof te konsolideer in ’n enkele statuut wat van toepassing sal wees op alle litigasie onder elk van die instaatstellende statute. Elke instaatstellende statuut sal dan bykomende magte aan die hof gee soos dit verlang word.

Die akademiese groep verwelkom die idee van ’n goed toegeruste hof met heeltydse regters om grondhervormingskwessies aan te hoor. Die groep sê dit is belangrik dat die hof binne die wyer raamwerk van beleid en wetgewing geplaas moet word, sy rol en jurisdiksie duidelik uitgespel word en daar waar gapings voorkom, moet dit met duidelike beleid en wetgewing gevul word.

Arbitrasie

Klousule 32 van die wetsontwerp maak voorsiening dat dispute vir arbitrasie verwys kan word sonder die partye se toestemming. Hierdie punt is een wat baie aandag sal kry wanneer mondelinge verhore dalk toegelaat word. Agri SA sê dit blyk in teenstelling te wees met die reg tot toegang tot howe en afdeling 169 van die Grondwet wat die magte van die hooggeregshof aandui. Agri SA teken sterk beswaar aan teen die bepaling wat op verpligte arbitrasie neerkom. Die bepaling is waarskynlik ongrondwetlik.

Die akademiese groep sê soos met mediasie, is arbitrasie dalk ook nie die wonderbaarlike oplossing nie, want dit is nie noodwendig vinniger nie. Arbitrasie kan die howe help om hul saaklading te verlig.

Gewoonlik stem partye tot arbitrasie in en hulle is dan gebind aan die bevindinge van die arbiter. Anders as mediasie, is die uitkomste by arbitrasie nie in die hande van die partye nie. ’n Arbiter, soos ’n regter, maak ’n toekenning gegrond op die reg. Die groep wys daarop dat klousule 32(6) na die vrywilligheid van so ’n proses verwys wat in teenstelling is met kousule 32(1) waar die hof arbitrasie beveel. Hierdie teenstrydigheid sal reggestel moet word.

As die idee is dat ’n hof arbitrasie kan gelas wanneer partye nie self daaroor ooreengekom het nie, sal verduidelik moet word hoe hierdie afwyking van die normale arbitrasieprosedure sal werk. ’n Kommerwekkende aspek van verpligte arbitrasie is dat daar geen appèl teen arbitrasiebevelle is nie, tensy dit eksplisiet in die ooreenkoms aangedui word.

Aangesien die voorgestelde grondhof komplekse dispute sal moet aanhoor oor nuwe kwessies in die regspraak, is dit belangrik dat die verstek is dat die partye hul vermoë kan behou om te appelleer teen bevelle en toekennings. ’n Moontlike oplossing is om waar die grondhof arbitrasie gelas aan partye die reg tot appèl by die grondhof te gee.

Die wetsontwerp op die grondhof sal nie net voor die nasionale vergadering nie, maar ook voor die nasionale huis van tradisionele en Khoi-Sanleiers dien.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.07
+0.9%
Rand - Pond
20.69
+0.4%
Rand - Euro
17.83
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.65
+0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Goud
1,779.74
+0.6%
Silwer
22.36
+0.7%
Palladium
1,912.25
+1.3%
Platinum
1,045.50
+0.8%
Brent-ruolie
86.97
+3.1%
Top-40
68,564
0.0%
Alle aandele
74,828
0.0%
Hulpbronne 10
73,434
0.0%
Industriële 25
90,489
0.0%
Finansiële 15
16,396
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
See,Bosveld en Kamp
My geloof is vir my baie belangrik, is spontaan, het ñ goeie sin vir humor. Reik uit na mede gelowiges en minder bevoorregtes. Ek is ñ baie liefdevolle persoon.
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot