Koringboere in die Wes-Kaap sal verheug wees oor die nuus dat ’n nuwe koringkontrak ingestel is met die Paarl in die Wes-Kaap as basis.
Die kontrak sal verval in Desember 2012, Maart 2012 en Mei 2013. Die oorsprongafslag wat van toepassing is op die koringkontrak in Randfontein sal ook geld vir die Paarl-kontrak.
Die standaardopbergingskoers en graadafslag vir die Paarl-kontrak sal dieselfde wees as die Randfontein-kontrak en sal bepaal word nader aan die bemarkingseisoen wat op 1 Oktober 2012 begin.
Die Johannesburgse Effektebeurs (JSE) het onderneem om die besonderhede van die liggingsdifferensiaal vir die Paarl-kontrak teen einde Augustus 2012 aan te kondig, tesame met die standaardopbergingskoers.
Die JSE het ook in ’n persverklaring uitgereik deur mnr. Chris Sturgess, direkteur van kommoditeite by die JSE, 32 afleweringspunte benoem.
Klik hier onder vir die verklaring met die tersaaklike inligting oor die nuwe koringkontrak.
8 Mei 2012