
Die GWK gaan binnekort nuwe ’n groep-besturende direkteur aanstel, nadat mnr. Pieter Spies uit dié pos bedank het.
Die maatskappy het gister ’n aankondiging gemaak dat mnr. Pieter Bekker, hoof-uitvoerende beampte, in sy plek sal waarneem.
Mnr. Frank Lawrence, direksievoorsitter by GWK, het in ’n verklaring gesê dat Spies ’n inspirasionele leier is en dat hulle trots is op sy prestasies tydens sy tyd by GWK.
“Ons is spyt oor sy vertrek, maar het begrip dat dit vir hom ’n groot geleentheid in sy loopbaan is.
“Die verandering maak dit vir GWK moontlik om ’n nuwe uitvoerende direkteur aan te stel wat ons in ’n nuwe groeifase kan lei.”
Spies begin in Februarie in sy nuwe pos by ‘n maatskappy wat nie verwant aan die landbou is nie. Intussen word opvolgbeplanning gedoen om te verseker dat die regte kandidaat in sy plek aangestel word.