AFGRI
BEAN
17 Jan
-
7800
20,00
CORN
17 Jan
-
3664,8
22,80
SOYA
17 Jan
-
7875
-52,00
SUNS
17 Jan
-
8980
48,00
WEAT
17 Jan
-
5898
55,00
WMAZ
17 Jan
-
3595
35,00
YMAZ
17 Jan
-
3720
38,00
AMT
Beeste A2/3
07 Jan
-
55,55
-1,06
Beeste AB2/3
07 Jan
-
53,84
-0,97
Beeste B2/3
07 Jan
-
51,83
-1,13
Beeste C2/3
07 Jan
-
47,03
0,97
Bevrore Hoender
07 Jan
-
29,37
0,87
Bokkies (onder 30 kg)
07 Jan
-
60,79
-1,75
Bokooie
07 Jan
-
44,43
0,22
Groot (meer as 40 kg)
07 Jan
-
42,4
-6,15
Hoender (IQF)
07 Jan
-
27,73
1,73
Medium (30-40kg)
07 Jan
-
54,52
2,25
Pork Average
07 Jan
-
28,77
0,80
Poultry Average
07 Jan
-
29,2
1,37
Skaap A2/3
07 Jan
-
82,4
-1,11
Skaap AB2/3
07 Jan
-
75,3
-0,89
Skaap B2/3
07 Jan
-
73,05
-1,17
Skaap C2/3
07 Jan
-
68,32
-0,93
Speenkalf
07 Jan
-
40,26
-0,09
Spekvarke
07 Jan
-
29,08
1,15
Stoorlammers
07 Jan
-
40,88
0,22
Varkwors
07 Jan
-
22,76
0,18
Vars Hoender
07 Jan
-
30,5
1,50
Vleisvarke
07 Jan
-
28,73
0,77
Wol (skoon)
07 Jan
-
175,36
3,01

Nuwe maatskappy pak pad na herstel vir volstruisbedryf

akkreditasie
Foto: Lucille Botha
Foto: Lucille Botha
Selfs al mag die land se twee grootste volstruismaatskappye nou saamsmelt, gaan dit lank duur om die bedryf te stabiliseer.

“Dit is ’n langtermynprojek, meer ’n marathon as ’n 100 m-naelloop,” sê dr. Francois de Wet, besturende direkteur van Mosstrich, wat met Klein Karoo International (KKI) gaan saamsmelt. Die Mededingingstribunaal het sy voorwaardelike goedkeuring hiervoor gegee nadat die Mededingingskommissie dit eers afgekeur het.

Die maatskappye sê hulle smelt saam om die volstruisbedryf te stabiliseer en vir boere maksimum verdienste op internasionale markte te behaal.

Kitsoplossings is egter onmoontlik. “Dit is nie moontlik om op kort termyn towerstaffies te swaai wat drastiese verbeteringe vir volstruisprodusente gaan bewerkstellig nie,” sê De Wet.

Die bedryf het tans verskeie groot kwessies, soos die voortgesette droogte en ’n verbod op die uitvoer van vars, rou volstruisvleis na Europa weens voëlgriep in Suid-Afrika.

Die getal volstruisboere het van meer as 400 voor 2011 tot sowat 200 in 2018 gedaal.

De Wet sê die twee maatskappye smelt as gelyke partye saam en ’n nuwe maatskappy, Cape Karoo International (CKI), is daarom geregistreer, wat in wese dieselfde doelstellings en strategie as Mosstrich en KKI sal hê.

De Wet is aangewys as besturende direkteur van CKI. Die samesmeltingsproses sal in die vierde kwartaal van vanjaar begin.

Die tribunaal se voorwaardes handel onder meer oor die aanbied van ’n persentasie vere op tender, toegang tot slagplase en looierye vir ander partye binne die nuwe maatskappy se leweringsbeleid, geen samesmeltingsverwante afleggings vir drie jaar, en dat ’n sekere persentasie volstruisvleis altyd aan die Suid-Afrikaanse mark gelewer moet word.

Plaaslike mark

De Wet sê die plaaslike veremark lewer tans goeie opbrengste vir produsente, hoofsaaklik weens die besonder lae produksie van slagvolstruise die afgelope twee jaar. Die plaaslike mark vir volstruisvleis en -leer groei baie stadig.

“Volstruisvleis is by die meeste supermarkte te kry teen billike pryse, binne die prysband van rooivleis soos bees en lam.”

Volstruisleerartikels is volgens hom betreklik duur weens die koste van volstruisproduksie, looiery en die vervaardiging van produkte. Dit is wel goedkoper as krokodilleerartikels, wat soos volstruisleerartikels deel van die eksotiese leermark is.

Uitvoer

Op internasionale markte is daar struikelblokke vir al drie soorte produkte.

De Wet sê die internasionale markte vir eksotiese leer is onder druk. “Ons sal die siklus op elegante wyse moet uitry.”

Europese markte vir rou volstruisvleis sal na verwagting nie binne die volgende drie jaar oopgestel word nie.

“Benewens probleme ten opsigte van voëlgriep is die Europese Unie nie besonder positief ingestel teenoor die invoer van Suid-Afrikaanse landbouprodukte nie. Die vraag (in Europa) na hittebehandelde volstruisvleis groei stadig, maar daar is genoeg potensiaal om op verdere markontwikkeling te konsentreer. Daar is ’n vraag na ‘geroosterde’ en ‘sous-vide’-bereide (vakuumverseëlde) volstruisvleis.”

Weens voëlgriep is daar geen kans om vars volstruisvleis na die Ooste te kan uitvoer nie. “Ons sukkel al geruime tyd om by die Chinese owerhede goedkeuring te kry om hittebehandelde volstruisvleis daarheen uit te voer.

“China voer ’n redelike gedeelte van sy eie volstruisvleisproduksie na Hongkong uit, wat natuurlik as sodanig ’n storie oor die huidige vraag na dié tipe vleis in China vertel,” sê De Wet.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.38
-0.0%
Rand - Pond
20.98
+0.2%
Rand - Euro
17.54
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.09
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.4%
Goud
1,819.25
+0.1%
Silwer
23.03
+0.3%
Palladium
1,876.50
-0.4%
Platinum
976.34
+0.2%
Brent-ruolie
86.06
+1.9%
Top-40
68,889
+0.6%
Alle aandele
75,594
+0.6%
Hulpbronne 10
74,696
+0.4%
Industriële 25
95,569
+1.3%
Finansiële 15
15,498
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Begin iets nuuts
Ek is n introvert as jy my nie Ken nie en word n extrovert as jy my Ken. Raak stil op tye en maak geraas en hou dinge aan die gang. Hou van see en swembad en buite lewe. Mal oor...
Lief vir die lewe.
Ek hou van mense, en kom oor die weg met almal. Hou van eerlikheid te alle tye seker nie te veel gevra nie.😉
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot