AFGRI
BEAN
01 Jun
-
8572
126,00
CORN
01 Jun
-
4115
66,00
SOYA
01 Jun
-
7712
64,00
SUNS
01 Jun
-
8211
35,00
WEAT
01 Jun
-
6725
76,00
WMAZ
01 Jun
-
3685
37,00
YMAZ
01 Jun
-
3800,6
25,60
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Nuwe spreekbuis kom vir landbou

’n Vinnige geboorte. Dít is landboukenners se mening oor ’n besluit om ’n verenigde spreekbuis vir die landbousektor te stig.

’n Vinnige geboorte. Dít is landboukenners se mening oor ’n besluit om ’n verenigde spreekbuis vir die landbousektor te stig.


Leiers van oor die hele spektrum van landbou-organisasies het in Pretoria in beginsel ooreengekom om ’n nasionale forum te stig wat voortaan oor kwessies van deurslaggewende belang vir die landbousektor met belanghebbendes, waaronder die Regering, sal onderhandel.


Dit sal ’n einde bring aan die huidige versnipperde gesprekvoering tussen die staat en landbouverteenwoordigers. Waarnemers beskou dit as ’n belangwekkende ontwikkeling wat nie net op onderhandeling met die staat gemik is nie, maar ook op die sektor self.


Positiewe verandering

“Die landbou het eintlik iets nodig waardeur hy veral ook met homself kan omgaan in al sy gedaantes. Soos Ghandi sê: Ons moet die verandering wees wat ons in die wêreld wil sien. Daarby moet die forum ook die beweeg na nie-rassigheid verbeeld,” het ’n ingeligte aan Landbouweekblad gesê.


Die gemak waarmee die besluit geneem is, word as verbasend bestempel, hoewel die betrokkenes by die vergadering onder geen wanindruk verkeer oor die struikelblokke wat nog wag nie.


Die instansies wat hulle tot die stigting van die beoogde forum verbind het, is Agri SA, die TLU SA, die nuutgestigte Afasa, die National African Farmers’ Union (Nafu), die Landboubesigheidskamer en die Landbouverwerkersvereniging.


Vordering

Arbeid, vroue en die jeug ontbreek, maar betrokkenes het te kenne gegee dat daaraan gewerk word. Die plan is dat die onderskeie organisasies ter wille van vroeë vordering hul eie identiteit in die forum sal behou, maar dat dit eenparig oor sleutelkwessies met die Regering sal onderhandel.


Daaronder word grondhervorming, werkskepping en voedselsekerheid as die vernaamstes uitgelig.

Die gedagte is egter dat daar mettertyd na ’n ware enkele organisasie beweeg sal word met “sterk genoeg lym” om al die uiteenlopende organisasies bymekaar te hou.


’n Taakspan is saamgestel om gestalte te gee aan die besluit. Dit bestaan uit mnre. Jannie de Villiers van Graan SA en Aggrey Mahanjana van die organisasie vir ontwikkelende rooivleisprodusente (Nerpo), dr. John Purchase van die LBK, dr. Johan van Rooyen van die Standard Banksentrum vir landboubedryfleierskap, en mnr. Nico Kruger van die Landbouverwerkersorganisasie.


Kern-aspekte

Kern-aspekte wat die komitee sal moet uitstryk, is onder meer ’n naam vir die forum, die samestelling en finansiering daarvan en die praktiese werkwyse wat gevolg gaan word om eenstemmigheid te vind.


Op die vergadering is voorgestel dat die forum grootliks op dieselfde beginsels kan funksioneer as die model wat in die sakewêreld tot stand gebring is.


23 November 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.83
-0.6%
Rand - Pond
24.66
-0.5%
Rand - Euro
21.20
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.90
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-0.2%
Platinum
1,003.65
-1.0%
Palladium
1,393.72
+1.2%
Goud
1,955.84
-0.3%
Silwer
23.34
-0.8%
Brent-ruolie
72.60
-1.5%
Top-40
70,973
+1.4%
Alle aandele
76,042
+1.3%
Hulpbronne 10
68,057
+0.8%
Industriële 25
104,320
+1.5%
Finansiële 15
14,679
+1.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
DIS TYD
Kom gesels met my. Vriendelik opreg Hou van avontuur soos gaan kamp of 'n naweek weg op motorfiets Braai Rustig by huis wees Uitgaan vir 'n drankie
Its me :-)
Ek is Wie ek is Ek gee nie voor nie Hou van grappies Love kinders Mal oor die lewe Positief
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot